Vriende & Familie se Fav’s:

Nota: Lees asb die hele resep voor jy begin ek het dit geskryf soos ek dit gekry het dat dit in elke een se eie woorde is, so party gaan lekker deurmekaar lyk maar dit maak sense as jy die hele resep lees... Nie een van die resepte het 'n porsie grootte nie jy moet maar skat met die oog hoeveel mense gevoer gaan word, en vir die wat in engels gestuur het sê dankie vir AI. Die prentjies is ook nie van die persoon of persone wat die resep gestuur het nie maar iets soortgelyk. Enjoy!

Lezani se ertjie slaai:

Lezani se ertjie slaai:


1 pak ertjies of mielies of half en half
1 of 2 bokse bacon kips
1 bottel mayo
1/3 koppie kondensmelk
Spoel gevriesde groente af onder koue water.
Druk koekies fyn meng alles saam jy kan gebraaide bacon ook insit.
Saam is dit 1kg mielie/ertjies.
Baie lekkerder die vlgde dag.

↑ Terug bo

Elzabé se bolletjie brood:

Elzabé se bolletjie brood:


1 Sakkie brood deeg (van die winkel af)
250ml room
1 pakkie bacon en cheese potato bake
Gerasperde kaas
Meng die potato bake met die room.
Laat die deeg heeltemal rys dan knie jy dit af.
Verdeel die deeg in 16 stukke en dip in potato bake en laat weer rys voor jy dit in die oond sit.
Meng orige dip met melk en gooi oor gevolg met kaas en dan oond toe.
Bak vir 30-45min op 180°C hou dit dop tot broodjies gaar is.

↑ Terug bo

Tannie Anita se stir fry slaai:

Tannie Anita se stir fry slaai:


1 kg stir fry
250ml suiker
250ml asyn
5 ml borrie
10 ml kerrie
30 ml appelkooskonfyt (opsioneel)
25 ml meelblom

Kook stirfry vir 5 min in sout water.
Kook die res van die bestanddele eenkant behalwe die mielieblom.
Gooi water van die stirfry af en voeg die res van die bestanddele by, kook vir 2 min en bottel warm.

↑ Terug bo

Hanlie se couscous slaai:

Hanlie se couscous slaai:


1 kop couscous
Genoeg suurlemoensap om dit toe te
maak sout na smaak.
Meng af en toe as dit nog suurlemoensap kort gee
nog.
Wag tot couscous “gaar” is en voeg by
Handvol gekapte pietersielie.
Handvol gekapte mint.
Fyn gesnyde komkommer en tamaties en uie of
spring onions of albei.
Knoffel na smaak proe vir sout en geniet!

↑ Terug bo

Pynappel en mango salsa:

Pynappel en mango salsa:


1 pynappel geskil en in blokkies gesny
2 nie so ryp mango’s geskil en in repies
gesny
1 rooi soet rissie in fyn repies
1 rooi ui gekap
½ koppie lemmetjie sap en een jalapeño pitte
verwyder (as jy bang is of as jy baie bang is los
dit uit) fyn gesny
sout na smaak.
Add in’s: geblikte mielies en avo
Meng alles en sit in die yskas lekker saam met enige
iets van sout koekies tot braaivleis

↑ Terug bo

Sussa en Willie se Vye en Bloukaas Filet:

Sussa en Willie se Vye en Bloukaas Filet:


Een filet skoon gemaak van vliese
Soveel bloukaas as wat jy kan handle, ingelegde heel
vye gekap, nie iets te soet nie, gemeng.
Sny die filet oop in ongeveer 3
cm stukke en nie heeltemal deur
nie. Geur met sout en peper
binne en buite, stuff hom en
smeer met olyf olie. Maak snitte
vas met tande stokkies. Plaas
heel filet op kole met toe kant
onder.
Die tyd hang af van hoe gaar jy jou steak eet. Hou
dit dop : )

↑ Terug bo

Gerrie se tripel kaas en knoffel braaibroodjies:

Gerrie se tripel kaas en knoffel braaibroodjies:


Genoeg brood om vir elke persoon twee broodjies te
maak.
Gerasperde Cheddar,Mozzarella en Gouda of gebruik
enige drie van jou keuse wat lekker smelt.
Meng genoeg mayo en knoffel met die kaas proe vir
sout.
Smeer die broodjies met botter en skep n dik laag
van die kaasmengsel bo op braai tot kaas gesmelt en
broodjies mooi bruin is.
Add in’s: tamaties,uie,pickled jalapeño of gherkins.

↑ Terug bo

Werner se Malva poeding:

Werner se Malva poeding:


4 teelepels botter
1 kop suiker
2 eiers
2 ½ teelepels fyn appelkooskonfyt
2 teelepels koeksoda
½ kop melk
1 teelepel bruin asyn
1 koppie koekmeel
knippie sout

Sous:
1 koppie room
¾ koppie suiker
125g botter
½ koppie kookwater
1 teelepel vanieljegeursel

Voorverhit die oond 180°C. Smeer ‘n groterige
oondvaste bak goed met botter of spuit met spray
n cook.
Room die botter en suiker,
Voeg die eiers een vir een by.
Voeg die appelkooskonfyt by
Roer die koeksoda by die melk en gooi die asyn by.
Voeg dan die meel en sout by die mengsel en klits
goed skep die beslag in die oondbak skud hom
bietjie dat al die lug uit kom.
Bak vir +/- 45 minute of tot ‘n mes skoon uit die
middel van die poeding kom.
Meng al die bestanddele vir die sous en verhit tot
kookpunt roer aanhoudend gooi warm sous oor warm
poeding.

↑ Terug bo

Basil pesto pastaslaai:

Basil pesto pastaslaai:


Bestanddele
250g penne
125g houertjie Basil pesto
115g Bocconcini (Mozzarella balletjies), gehalveer
100g Kersietamaties, gehalveer
30g Gerasperde Harde Kaas (soos Parmesaan)
Sout en peper na smaak

Kook die pasta in soutwater tot al dente. Hou
ongeveer ½ koppie van die styselagtig pasta water
eenkant voordat jy dit dreineer.
Terwyl die pasta nog effens warm is, meng dit met
die pesto. Voeg 'n bietjie van die pasta water by
as die sous te dik is sodat dit die pasta egalig
bedek.
Voeg die tamaties en Bocconcini versigtig in.
Roer die gerasperde kaas by en geur met sout en
peper.

↑ Terug bo

Ma Lynette se souttert:

Ma Lynette se souttert:


10 Weense worsies in ringetjies gesny
2 blikkies boelie beef fyn gesny
8 eiers geklits
3 koppies gerasperde kaas
2 groot uie gerasper
2 dik snye wit brood in 1 ½ koppie melk geweek en
fyn gedruk
Pietersielie
Meng alles en gooi in ‘n gesmeerde oondbak en bak
vir +/- 45 minute @ 180°C. Eet maar lekker.

↑ Terug bo

Mamma se korslose aspersie en spek tert:

Mamma se korslose aspersie en spek tert:


Voorverhit die oond tot 180°C
Braai 250g spek en een groot gekapte ui
hou eenkant.
250 ml koekmeelblom
250 ml botter
450g aspersieslaaistukke (hou die water)
900ml melk
10ml dijon mosterd
250ml gerasperde cheddar
50ml pietersielie
2ml sout
Knippie rooipeper
4 eiers geskei
Spuit ‘n middel grootte oondbak met spray n cook
Maak witsous met die botter,meel,aspersiewater en
melk.
Skei die eiers en roer die geel saam met die res van
die bestanddele vou geklitse wit saggies by
Bak vir 40min. Lekker ek bak dit gereeld...

↑ Terug bo

Ma Lynette se melkkos:

Ma Lynette se melkkos:


2 k koekmeel/self raising flour
50 gram botter of margarien
1 liter melk
Knippie sout
Vryf botter en meel tot krummels voeg sout by
Kook melk gooi meelmengsel in en roer liggies.
Kook vir omtrent 30 minute
Strooi kaneelsuiker oor en eet warm.

↑ Terug bo

Sussa en Willie se Mean Braai Pie:

Sussa en Willie se Mean Braai Pie:


2 rolle puff pastry
Rol hulle so bietjie dunner nie te dun dat die filling
uitloop nie.
Dan sit jy gebraaide:
Uie, bacon, knoffel, mushrooms, jalapenos, ham, peppedews, spinasie en peppers in.
Enige iets wat jy like sal hier werk of oor het van 'n ander braai soos wors.
Strooi kaas oor en dan vat jy die ander rol en sit hom bo oor druk hom goed vas dat hy lyk soos ‘n pie.
Egg wash hom en braai hom in ‘n toeklap rooster tot die deeg gaar is.
Moenie te veel filling insit nie die rooster moet kan toe maak sonder om in die deeg in te sny.
Dit is vreeslik lekker.

↑ Terug bo

Tannie Maureen se Hoender pastei:

Tannie Maureen se Hoender pastei:


1 Gaar hoender ontbeen
2 koppies gaar rys
1 gerasperde ui
1 koppie mayo
3 gekookte eiers
1 pakkie sampioen roomsop aangemaak met 500ml
water.
1 pak groot smoked beef chips.

Sny die vleis in stukkies.
Meng die res van die bestanddele en sit vleis by.
Bak vir ongeveer ½ uur.

↑ Terug bo

Oom Ludwig se gebottelde kerrie uie:

Oom Ludwig se gebottelde kerrie uie:


1 kg geskilde klein uitjies
500 ml wit asyn
3 koppies suiker
3 eetlepels kerriepoeier
5 ml sout
2 eetlepels hoogvol maizena
Kook eerste 5 bestanddele tot uitjies goed gaar is
nie pap nie en roer dan die maizena aangemaak met
bietjie koue water by kook net goed deur en bottel
warm. Vir enige een wat die al by my geproe het
julle weet die een is n wenner!

↑ Terug bo

Hanlie se wortelslaai met sesame en heuning sous:

Hanlie se wortelslaai met sesame en heuning sous:


4-5 groot wortels in julienne repies
gesny
2-3 fyn gesnyde spriet uie
2 e Koljander gekap
1 e heuning
1 e fyn gerasperde knoffel
1 t vars gerasperde gemmer
2 t sesame saad (gerooster)
2 e sesame olie
1 e suurlemoensap
1-2 t chili crisp (Opsioneel)
Sout na smaak

Berei die wortels voor deur dit in fyn repies te sny
strooi sout oor laat dit rus vir 5-10 minute dreineer
dit.

Slaaisous: Meng die heuning, knoffel, gemmer, olie,
suurlemoensap en die helfte van die sesame saad
in 'n klein bakkie.
Giet die sous oor die wortels, koljander en spriet
uie meng goed.
Laat die slaai vir ten minste 30 minute in die yskas
staan sodat die geure kan meng.
Garneer met die oorblywende geroosterde sesame saad voor opdiening.

↑ Terug bo

Dettie se Peppermint crisp tert:

Dettie se Peppermint crisp tert:


1 liter room
2 blikkies karamel
4 x 49g peppermint crisp sjokolades
2 pakkies tenniskoekies of enige coconut
koekies

Klits room tot begin styf raak.
Vou een blikkie karamel in die room.
Rasper die helfte van die peppermint crisp en sit in
mengsel.
Versprei die laaste blikkie karamel op die bodem van
die bak.
Pak tennis beskuitjies in bak en sit laag van mengsel
op.
Sit nog 'n laag tennis beskuitjies en gooi die laaste
mengsel bo op.
Rasper nog 'n peppermint crisp bo oor vir versiering.
Los in yskas vir 5 ure of oornag en bedien.

↑ Terug bo

Blanché se vinnige Souttert:

Blanché se vinnige Souttert:


45 ml olie
125 g spek gekap
1 medium ui, grof gekap
2 selderystingels, grof gekap
125 g knopiesampioene, gesny
250 ml gerasperde cheddar kaas
5 ml mosterdpoeier
30 ml gekapte vars gemengde kruie (of 10 ml droë
kruie)
300 ml melk
35 g koekmeel
2 ekstra groot eiers
1 ml sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olie in 'n groot, swaarboompan. Voeg die
spek by en braai liggies.
Voeg die ui, seldery en sampioene by en braai vir
'n paar minute tot sag. Verwyder van die hitte.
Roer die kaas, mosterdpoeier, kruie en geurmiddels
by en skep dit in 'n gesmeerde 22 cm oondvaste
tertbord.
Klits die eiers, melk en meel saam en gooi dit oor
die mengsel in die bord.
Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 °C vir ongeveer
30 minute, of tot dit gestol is.

↑ Terug bo

Estie se Cremora tert:

Estie se Cremora tert:


Vir die kors:
200g Tennisbeskuitjies
100g botter, gesmelt
Vir die vulsel:
250 g Cremora
½ koppie melk
1 x 385 g blikkie versoete kondensmelk
½ koppie vars suurlemoensap

Spuit ’n 15 cm springvormkoekpan mildelik met
kleefwerende sproei.
Plaas die tennis beskuitjies in ’n voedselverwerker en
verwerk tot jy sowat 1 koppie krummels het. Voeg
die gesmelte botter by en verwerk tot goed
gemeng. Druk die beskuitjiemengsel in die
gesmeerde pan om die basis te bedek.
Plaas die Cremora en melk in ’n groot bak en klits
tot goed gemeng. Voeg die kondensmelk by en
meng tot gekombineer. Voeg die suurlemoensap
geleidelik by en roer tussen elke byvoeging. Die
mengsel sal stadig begin verdik.
Giet die mengsel oor die kors, bedek met
kleefplastiek (clingwrap) en verkoel vir minstens 6
uur of oornag indien moontlik.
Sodra dit gestol het, bedien met jou gunsteling
bolaag soos vanielje roomys , gemasereerde
somerbessies of esdoringgegeurde stroop.

↑ Terug bo

Vanessa se warm appeltert:

Vanessa se warm appeltert:


1 k meel
1/4 k melk
3 E botter
sout
2 k eiers
1 t bakpoeier
1 blik tertappels

Stroop:
1 k suiker
1 blik ideal melk of room

Room botter en suiker, klop eiers by en meng
deeglik.
Sif die droë bestanddele en roer die melk in.
Druk die appels in die deeg in met ‘n vurk.
Bak in gesmeerde tertpan vir 30 min.
Kook suiker en room saam en gooi bo-oor wanneer dit uit die oond kom.
Bedien warm.

↑ Terug bo

Vanessa se Piesang brood:

Vanessa se Piesang brood:


Piesangbrood
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng saam:
2k bruismeel
1k suiker
2 eiers
2t vanilla geursel

Druk 4 ryp piesangs fyn en roer by:
Halwe koppie melk
Halwe teelepel koeksoda

Roer die piesangmengsel by die meelmengsel en skep in pan. Bak vir 1 uur.

↑ Terug bo

Kerrienoodle slaai:

Kerrienoodle slaai:


500 g gaar noodles
1 groen/rooi/geel peper fyn gesny
(kies jou kleur)
1 ui fyn gesny
250 ml tamatiesous
125 ml witasyn
125 ml kookolie
200 ml suiker
30 ml kerriepoeier (of meer)
Tabasco na smaak
sout en peper

Kook die noodles tot sag maar nie pap nie, dreineer
goed.
Sny jou ui en peper in mooi klein blokkies en meng
dit deur die noodles.
Meng die res van die bestanddele in ‘n bakkie.
Roer dit deur jou noodles.
Los dit oornag in die yskas. Hoe langer dit staan
hoe lekkerder word dit.

↑ Terug bo

Hanlie se Baba Snapper met tamaties en capers:

Hanlie se Baba Snapper met tamaties en capers:


1 x 500g heel baba snapper,
skoongemaak
2 eetlepels ekstra suiwer olyfolie
1 bakkie kersietamaties
1 eetlepel ongesoute botter
1 eetlepel capers
Sap van 1 suurlemoen
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
Sout en gemaalde peper, na smaak

Verhit die oond vooraf tot 200°C.
Verhit 'n pan oor hoë hitte.
Geur die binne en buitekant van die snapper met sout. Besproei met olyfolie en plaas dit in die warm pan. Braai vir 2 minute of tot goudbruin. Draai die vis om. Voeg die kersietamaties by en plaas dit in die oond om vir 8 minute te bak.
Verwyder die pan uit die oond en plaas dit direk terug op hoë hitte.
Voeg die botter en capers by en braai vir 1 minuut.
Skakel die hitte af.
Verwyder die snapper uit die pan en plaas dit op 'n
opdienbord. Voeg die suurlemoensap en pietersielie by. Gebruik 'n lepel om 'n paar van die tamaties fyn te druk en roer dit deur die sappe voordat jy dit na smaak geur en oor die vis gooi. Enige strange of wit vis sal werk.

↑ Terug bo

Hanlie se Pynappel salsa:

Hanlie se Pynappel salsa:


1 vars, ryp pynappel, gekap
½ rooi ui, gekap
koljander, dille
ryswynasyn
lemmetjiesap
sojasous
’n bietjie suiker
fyngedrukte knoffel
brandrissie

Druk die koljander, brandrissie en knoffel fyn.
Meng die vloeistowwe en pas die geurmiddels aan.
Lekker saam met kerrie of braaivleis.

↑ Terug bo

Ma Martie se Italiaanse sop:

Ma Martie se Italiaanse sop:


1 k pearl barley
1 ui
2 knoffelhuisies
4 wortels
4 seldery stingels
3 aartappels
1 L hoenderaftreksel
1 lourierblaar
1 blikkie tamatiepuree -> voeg by nadat alles gaar
is
1/4 koppie basiliekruid
Voeg stowe vleis by

Kook alles saam tot stowe vleis lekker sag is en
voeg dan die blik tamatiepuree by.

↑ Terug bo

Hanlie se Bazaar kerrie:

Hanlie se Bazaar kerrie:


500g "topside" maalvleis
1 ui, fyngekap
1 t fyn knoffel
1 t fyn gemmer
1 medium aartappel, in fyn blokkies gesny
1 tamatie, fyngekap
10 kerrieblare
½ k passata (fyn tamatiepuree)

Braai die maalvleis, ui, knoffel en gemmer saam.
Voeg die aartappelblokkies, tamatie, kerrieblare en
passata by.
Kook teen medium hitte vir 30 minute.
Moenie enige water byvoeg nie.

↑ Terug bo

Nanna se Spanakopita:

Nanna se Spanakopita:


2 pakke spinasie (Skoon gemaak en gekap,
of bevrore)
1 houer grofkorrelrige maaskaas
1 klein houer fetakaas
2 koppies gerasperde cheddarkaas
2 eiers
3 knoffelhuisies
Filodeeg
½ koppie gesmelte botter

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die spinasie, maaskaas, fetakaas, gerasperde cheddar, eiers en knoffel saam vir die vulsel.
Gebruik 'n basis van 4 lae filodeeg op 'n gesmeerde bakplaat.
Smeer die spinasiemengsel oor die deeg en bedek dit met nog 6 lae filodeeg bo-op.
Bedruip met die ½ koppie botter.
Bak vir 45 minute tot goudbruin en bros. All time
Fav!

↑ Terug bo

Wieletjie pasta slaai:

Wieletjie pasta slaai:


2 medium komkommers, in dun ringe gesny (geskil of nie jou keuse)
1 groot ui, fyn gesny
400 g botterbone, afgespoel
1–2 eetlepels olie vir braai
3 koppies gekookte wielpasta
1/2 koppie fetakaas, gekrummel
200 g viennas, gesny in dun ringe
1/2 koppie mayonnaise
1/4 koppie gekapte chives
1 koppie kersietamaties, gehalveer

Verhit olie in ‘n pan en braai die botterbone vir 2–3 minute. Laat effens afkoel.
Meng komkommers, ui, pasta, fetakaas, viennas en die botterbone in ‘n groot bak.
Voeg mayonnaise by en meng sodat alles eweredig bedek is.
Voeg die kersietamaties by net voor opdiening meng liggies en strooi die chives oor.

↑ Terug bo

Mamma se Quiche resep:

Mamma se Quiche resep:


8 Eiers
3/4 k Dik Room
1 Pak Bacon (braai vooraf)
150g Spinasie
1/2 k Wortels (gerasper)
2 Spring Onions
100g Kaas (plus ekstra vir bo-laag)
Sout & Peper

Metode:
Klits die eiers en room saam.
Meng die res van die bestanddele by.
Bak vir 45 minute.

↑ Terug bo

Mamma se Kaas en Uietert:

Mamma se Kaas en Uietert:


Kors:
250 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
5 ml Suiker
2 ml Sout
20 ml Botter
125 ml Melk

Sif die droë bestanddele saam.
Vryf die botter in die droë bestanddele in.
Meng met die melk.
Spray en cook 'n oondvaste bak en voer uit met die deeg.
30 ml Botter
25 ml olie
3 groot Uie
125 ml Room
1 Eier
250 ml Kaas

Sny die uie in skywe en soteer dit in 25 ml olie.
Skep die uie in die kors.
Meng die room en eier saam en gooi dit oor die
uie.
Strooi die kaas bo-oor.
Bak vir ongeveer 20 minute teen 220 °C.

↑ Terug bo

Geroosterde Botterskorsie en Beet Slaai (die was op iemand se kersfees tafel in 2025:)

Geroosterde Botterskorsie en Beet Slaai (die was op iemand se kersfees tafel in 2025:)


500 g beet, in 1 cm blokkies gesny
500 g botterskorsie, geskil en in 1 cm blokkies gesny
2 eetlepels olyfolie
Sout en peper na smaak
50 g okkerneut-helftes
180 g gemengde slaaiblare
100 g fetakaas

Eenvoudige Balsamiese Slaaisous:
3 eetlepels balsamiese asyn
6 eetlepels olyfolie
3 teelepels Dijon-mosterd
Sout en peper na smaak

Voor verhit die oond tot 220°C.
Plaas die beetblokkies aan die een kant van 'n
bakplaat en die botterskorsie aan die ander kant.
Gooi die 2 eetlepels olyfolie oor en sprinkel 'n
bietjie sout en peper oor. Roer die beet en
botterskorsie in die olie, maar wees versigtig om nie
die botterskorsie pers te vlek nie.
Rooster die beet en botterskorsie in die oond vir 10 minute.
Haal die groente na 10 minute uit die oond en draai
die blokkies om. Onthou weer om die kleure apart te
hou!
Plaas die bakplaat terug in die oond vir nog 10–15 minute, of totdat die groente gaar is en liggies bruin begin raak.
Terwyl die groente rooster, maak die slaaisous:
Gooi al die bestanddele in 'n skoon konfytfles, roer kortliks, draai die deksel styf op en skud dit totdat alles goed gemeng is.
Plaas die okkerneute op 'n ander bakplaat. Sit dit saam met die groente in die oond vir 3 minute.
Sodra die groente reg is, haal dit uit die oond en pak die slaai: Verdeel die slaaiblare tussen 4 borde.
Voeg gelyke porsies botterskorsie en beet bo-op die blare. Gooi 'n lepel slaaisous oor en sprinkel die feta oor. Krummel laastens die okkerneute oor en sit dadelik voor. Bedien dit as 'n hoofgereg saam met pitabroodjies of platbrood. Sit die res van die slaaisous op die tafel sodat gaste self ekstra kan byvoeg.
Notas:
Probeer om die beet en botterskorsie apart te hou op die plaat, anders gaan die beet die botterskorsie pers vlek en die slaai gaan nie so mooi lyk nie.
Die okkerneute kan enige tyd saam met die groente gerooster word. Moenie hulle langer as 3 minute inhou nie – hulle brand vinnig!

↑ Terug bo

Estelle se bielie van 'n mieliebrood:

Estelle se bielie van 'n mieliebrood:


1k mieliemeel (Ek gebruik growwe meel)
1k koekmeel
3T bakpoeier
bietjie sout
3 lekker groot plaas eiers
3E olie (daai met die hartjie oppie bottel)
1k melk (hou dit ook maar flou vir die cholesterol)
1 blik koo sweetcorn (omdat koo se advertensie die
beste is)

Nou die trick:
Meng al die droë goed saam.
Gooi die mielies in die middel (sonder die blik)

O ja, as jy nou eers die oond op 175 grade aansit
(waar is daai tekentjie op die bord) is dit te laat
doen dit aan die begin.
Bak dan vir 1 en 'n half uur (as jy alles in een pan
sit) die pan moet 'n liniaal lank en 'n halwe liniaal
wyd wees. As jy grént is en daai oulike klein
pannetjies gebruik is die bak tyd veel korter kyk
maar tot mooi bruin.
Dit is 'n klam broodjie soos in die Kaap in die
winter so moenie die treffer in die oond hou tot
jou mes skoon uitkom nie dan is jou brood so droog
soos die winter in Gauteng.
Gooi versigtig uit as die brood vassit moenie geweld
gebruik nie jy het op geslip... die pan is nie goed
genoeg gesmeer nie. Bedien verkieslik op 'n lang
Carrol Boyes bord met regte botter ENJOY!!!

↑ Terug bo

Mamma se Plaatkoekies:

Mamma se Plaatkoekies:


2 Eiers
1/2 k suiker
1k melk
125ml olie
2k meelblom
4t bakpoeier
1/2t sout

Klits eiers en suiker voeg melk en olie by.
Sif meel, bakpoeier en sout voeg eier mengsel by roer deeglik.
Die Geheim: Laat die mengsel vir so 10-15 minute staan voordat jy begin bak.
Bak op matige hitte in 'n liggies gesmeerde pan. As die borreltjies bo-op begin bars, is dit tyd om hulle te draai.
Bedien met bietjie fyn appelkooskonfyt en kaas of Boveril en kaas.
Geniet elke happie!

↑ Terug bo

Madeleine se pannekoek:

Madeleine se pannekoek:


1k meelblom
1/2 T sout
1k melk
2 e gesmelte botter
kaneelsuiker
1/2 t bakpoeier
1 eier
1k koue water
1/2 e brandewyn
olie om in te braai

Sif droeë bestanddele saam. Klits eiers en roer die brandewyn, melk en water by.
Voeg die mengsel by die droeë bestanddele.
Klits tot alles gemeng is.
Roer die gesmelte botter by en plaas die deeg in die yskas totdat die olie reg is.
Gooi dan deeg in pan en bak heerlike pannekoeke.

↑ Terug bo

Madeleine se Amarula koek:

Madeleine se Amarula koek:


60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

Stroop:
200 ml suiker
250 ml water
60 ml amarula likeur

Versiering:
1 blik karamel kondensmelk
styf geklopte room
1 flake

Stel die oond op 180°C.
Meng die kakao met die kookwater en laat afkoel.
Klits die eiers,suiker en olie saam voeg die koue kakao mengsel by en meng deeglik.
Sif die res van die droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22cmx30cm pan en bak ongeveer 20 minute.

Stroop: Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van hitte. Voeg Amarula by roer goed.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop bo op.
Laat goed koud word en verwyder uit die pan.
Versier:
Smeer karamel kondensmelk oor en versier met styf geklopte room breek flake in stukkies bo oor. Dis 'n lekker klam koek en jy kan ook meer Amarula gebruik en die saam die karamel inmeng.

↑ Terug bo

Madeleine se Milo kaas koek:

Madeleine se Milo kaas koek:


Tertkors:
1 pakkie tennis koekies
60 ml milo
125 ml gesmelte margarine
maak 'n krummelkors en voer 'n 23cm tertpan uit verkoel tot benodig.

Vulsel:
2 houers geroomde maaskaas of roomkaas
1 blik kondensmelk
20 ml gelatien
30 ml koue water
100 ml kookwater
250 ml room (verkoel)
200 ml milo
Ekstra milo om bo oor te sit

Klits maaskaas en kondensmelk effens saam.
Sprinkel gelatien oor koue water laat week tot sponserig.
Giet kookwater by en roer tot opgelos.
Voeg by maaskaasmengsel en meng deur.
Klits room en milo saam tot styf en vou by die kaasmengsel.
Giet in tertkors en verkoel liefs oornag tot stewig.
Sif ekstra milo oor en geniet!!!

↑ Terug bo

Madeleine se aartappel gebak:

Madeleine se aartappel gebak:


30 ml sonneblom olie
5 ml tiemie
varsgemaalde swartpeper
2 pakkies wit uie sop gemeng met 500 ml room
200 ml gerasperde beleë cheddarkaas
4 uie geskil en in dun skywe gesny
2 ml sout
1 kg aartappels
60 ml botter

Verhit olie in swaarboompan en soteer die uie tot sag en deurskynend.
Voeg tiemie sout en peper by.
Skil die aartappels en sny in skywe kook die aartappels vir 5 min in die kokende soutwater dreineer goed.
Rangskik 'n laag aartappelskywe in 'n gesmeerde
oondvaste bak volg dit op met 'n laag uie,stip
botter op bedek met cheddar kaas en herhaal die
proses eindig met 'n kaas laag.
Giet die aangemaakte room mengsel bo oor en bak vir 180°C vir sowat 35 minute of totdat die aartappels sag is. Die een is 'n wenner!!!

↑ Terug bo

Heeltemal random:

Heeltemal random:


Speserymengsel:
15 ml / 1 eetlepel droë mosterd
15 ml / 1 eetlepel paprika
15 ml / 1 eetlepel knoffelpoeier
25 ml / 5 teelepels uiepoeier
7 ml / 1 ½ teelepels fyn swartpeper
5 ml / 1 teelepel droë basiliekruid (basilie)
5 ml / 1 teelepel droë tiemie
Meng alles saam in 'n soutpotjie.

Nog een:
10 ml / 2 teelepels gemaalde komyn
10 ml / 2 teelepels gemaalde gemmer
10 ml / 2 teelepels gemaalde koljander
10 ml / 2 teelepels gemaalde kaneel
10 ml / 2 teelepels paprika
5 ml / 1 teelepel borrie
2 ml / ½ teelepel rissiepoeier (chilli)
2 ml / ½ teelepel gemaalde neutmuskaat

METODE: Meng alles saam in soutpotjie

↑ Terug bo

Tasja se Suurlemoen yskas tert:

Tasja se Suurlemoen yskas tert:


Kondensmelk
Nageregroom
Suurlemoensap
Tennisbeskuitjies

Verhouding: 1 : 1
As jy byvoorbeeld 2 blikkies kondensmelk gebruik,
gebruik ook 2 blikkies nageregroom, ensovoorts.

Meng die kondensmelk en nageregroom goed saam in ’n mengbak.
Voeg suurlemoensap by na smaak.
Die suurlemoensap maak die mengsel dik en help dat dit stol.
Proe die mengsel en pas die suurlemoensap aan indien nodig.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n skottel of tertbak.
Skep ’n laag van die mengsel bo-oor die beskuitjies.
Herhaal die lae totdat al die bestanddele opgebruik is.
Sprinkel beskuitjiekrummels bo-op.
Plaas die tert oornag in die yskas om te stol.
Geniet dit!

↑ Terug bo

Vidette se Pappardelle, Swart olyf-tapenade, Swart Olywe en Kapers

Vidette se Pappardelle, Swart olyf-tapenade, Swart Olywe en Kapers:


Pappardelle (of enige breë pasta)
Olyfolie
Ui fyn gekap
Knoffelhuisies, fyngekap
Swart olyf-tapenade
Chorizo [optioneel]
Swart olywe, ontpit en grofgekap
Kapers
Vars kruie soos pietersielie of basiliekruid
Sout en peper
Gerasperde parmesaan (opsioneel)


Metode:
Kook die pasta:
Kook die pappardelle in soutwater tot net gaar. Hou ’n bietjie van die pastawater eenkant.

Maak die sous:
Verhit olyfolie in ’n groot pan. Voeg die fyngekapte ui by en braai tot sag en deurskynend.
Voeg die knoffel by en roer vir nog ’n minuut.

Bou die geure:
Voeg by die olywe, kapers en swart olyf-tapenade en chorizo [as jy wil].
Laat dit saam prut vir ’n paar minute sodat al die geure saam smelt.
Proe en geur met sout en peper.

Meng met die pasta:
Voeg die gekookte pasta by die sous en roer goed.
As dit te dik is, voeg ’n bietjie van die pastawater by tot die sous die pasta mooi bedek.

Skep dit in bakkies en sprinkel vars kruie en gerasperde parmesaan oor.

↑ Terug bo

Tasja se Kerriekool

Tasja se Kerriekool:


Kool
1 ui
Aartappels in blokkies gesny
Suiker (na smaak)
Kerriepoeier (hot of mild, na smaak)
Water
Olie
Sout (na smaak)

Verhit bietjie olie in ’n pan en braai die ui tot sag.
Voeg suiker by (na smaak) en braai liggies tot die ui begin karameliseer.
Voeg kerriepoeier by en roer deur.
Voeg die gekerfde kool by en braai tot die kante van die kool liggies verbruin.
Voeg die aartappels en water by.
Kook tot die aartappels sag is en die sous effens verdik het.
Braai die laaste ±5 minute oop (sonder deksel) sodat oortollige vog kan verdamp.

↑ Terug bo

Tasja se 4x Kaas Mac en Cheese met Spek

Tasja se 4x Kaas Mac en Cheese met Spek:


Macaroni (of pasta van jou keuse)
Cheddar, mozzarella of wit cheddar
’n Pakkie kaaspoffertjies (cheese puffs)
Spekblokkies
Robot pepeprs (rooi, geel en groen)
1 groot ui
Kaassous (van jou keuse)

Kook die macaroni in ’n groot pot tot sag en dreineer.
Braai die ui en robot peppers in ’n aparte pan tot sag.
Voeg die spek by en braai tot amper gaar.
(Jy kan ook Vienna-worsies fyn gekap byvoeg indien jy wil.)
Voeg die gaar macaroni terug in die pot.
Voeg al die gerasperde kase by en meng goed.
Voeg die spekmengsel by en meng weer goed.
Plaas die pot terug op lae hitte.
Gooi die kaassous by en roer deur.
Voeg die kaaspoffertjies by en meng liggies.
Laat alles smelt en meng goed totdat dit romerig is.
Bedien warm en geniet. ❤️

↑ Terug bo

Jana se vis:

Jana se vis:


Voorverhit die oond tot op 220 °C. (ja ek weet wat dink party wag julle sal sien)
Salmon of kingklip skoon gemaak en geporsie soos verkies.(Dit sal werk met enige ferm vis)
Sit die vis in 'n oondbak nie 'n glasbak nie hy sal verseker bars.
Druk vars suurlemoen sap oor die vis uit en strooi ou Ina se lemon black pepper aan albei kante. (Ek gebruik net ou Ina sin want al die ander is meer pepper as suurlemoen) Sout na smaak.
Strooi ook knoffel poeier oor as jy wil.
Rangskik suurlemoen skyfies bo-op die vis.
Sit die vis in die oond en skakel die oond af... Los dit daar tot dit mooi gaar is. Die vis kom lekker sappig uit. Geniet!

↑ Terug bo

Jana se hot en spicy hoender lewers:

Jana se hot en spicy hoender lewers:


1 ui gekap
1 Green pepper gekap
500 g Hoender lewers skoon gemaak
Knoffel,sout,gemengde kruie na smaak
1 bottel All Joy Hot & Spicy Salsa

Braai die gekapte ui en groenrissie in 'n bietjie olie of botter tot sag.
Voeg die hoenderlewers by.
Braai oor hoë hitte sodat hulle mooi kleur kry, maar moet hulle nie dood braai nie (hulle moet nog ligpienk en sag binne wees).
Voeg die knoffel, sout en gemengde kruie by en braai vir 'n minuut.
Gooi die bottel All Joy Hot & Spicy Salsa by.
Laat dit net vir so 2–3 minute prut sodat die sous warm word en die lewers deurgaar is.
Geniet dit warm saam met vars Portugese rolle om al daardie lekker sous op te tel, of bo-oor 'n skeppie stywepap.
Geniet die brand!

↑ Terug bo

Tannie Anita se Muesli beskuit:

Tannie Anita se Muesli beskuit:


1 kg bruismeel
2 koppies muesli
1 koppie bran
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
Smelt saam:
450 g Rama
1½ koppie suiker
Klits saam:
2 eiers
2 koppies melk + 2 eetlepels asyn
¼ koppie olie

Gooi die gesmelte Rama en eiermengsel by die droë bestanddele en knie goed deur.
Skep in broodpanne en laat rys.
Bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir ongeveer 1 uur.
By die mengsel kan klapper, sonneblompitte en neute ook gevoeg word.
Nota: 1 kilogram bruismeel lewer ongeveer 1,8 kilogram uitgedroogde beskuit.

↑ Terug bo

Tannie Anita se Rice Krispie-Blokkies:

Tannie Anita se Rice Krispie-Blokkies:


500 g malvalekkers
250 g Rama
500 g dadels
1 groot pak ontbytkrispies
1 koppie klapper

Smelt die Rama, dadels en malvalekkers saam in ’n kastrol.
Voeg die ontbytkrispies by en meng goed.
Druk die mengsel in ’n gesmeerde pan.
Laat goed koud word in die yskas en sny in blokkies.
Rol die blokkies in klapper.

↑ Terug bo

Tannie Anita se Mikrogolf Koek:

Tannie Anita se Mikrogolf Koek:


¾ koppie kookwater (laat afkoel)
½ koppie olie
½ teelepel vanieljegeursel
¾ koppie suiker

Roer bogenoemde bestanddele saam tot gesmelt.

Voeg dan by:
2 eiers
¼ koppie kakao
1 koppie meel
¼ teelepel sout
Roer deeglik.
Voeg laastens 1¼ teelepel bakpoeier by.

Gooi die beslag in ’n gesmeerde ringpan.
Bak in die mikrogolf vir 8 minute op medium-hoog.
Laat 4 minute staan en keer dan uit.

↑ Terug bo

:

Fran se lekkerste klam vrugtekoek:


Dag 1 – Vrugtemengsel:
1,25 kg vrugtekoekmengsel
500 g dadels, fyn gesnipper
500 g verglansde vrugte
125 g rooi glanskersies
500 ml brandewyn

Dag 2 – Koekbeslag:
500 ml suiker
500 g botter
4 eiers
820 ml koekmeel
5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat

Dag 1:
Meng die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte en kersies saam.
Voeg die brandewyn by en meng goed.
Bedek en laat staan vir 24 uur.

Dag 2:
Voorverhit die oond tot 150 °C.
Voer ’n diep 26 cm-koekpan met drie lae bakpapier uit en draai ’n kraag van bruinpapier om die buitekant van die pan.
Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
Roer die geweekte vrugtemengsel by.
Sif die meel, koeksoda, kaneel, gemmer en neutmuskaat saam en meng dit by die beslag. Meng deeglik.
Skep in die voorbereide pan en smeer gelyk.
Bak vir ongeveer 3 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat die koek heeltemal in die pan afkoel.

↑ Terug bo

Fran se creamy peri-peri chicken livers:

Fran se creamy peri-peri chicken livers:


500 g hoenderlewertjies, ontdooi
2 eetlepels (30 ml) olie
1 ui, geskil en fyn gekap
2 knoffelhuisies, geskil en fyn gedruk
1 Chicken Stock Pot
1 eetlepel (15 ml) vrugteblatjang
Sap van 1 klein suurlemoen
1 teelepel (5 ml) Robertsons Peri-Peri Spice (of meer, na smaak)
5 eetlepels (75 ml) vars room
Vars gemaalde swartpeper
Fyngekapte vars groen brandrissie of vars koljander, vir garnering

Spoel en maak die lewertjies skoon en laat dit dreineer.
Verhit die olie in ’n groot pan en braai die ui oor matige hitte tot sag en goudkleurig, maar nog effens bros.
Verhoog die hitte, voeg die hoenderlewertjies by en kook vir ongeveer 5 minute, tot bruin aan die buitekant maar nog effens pienk binne.
Roer die knoffel by en kook nog 1 minuut terwyl jy roer, moenie dat die knoffel brand nie.
Voeg die Chicken Stock Pot, blatjang, suurlemoensap en Robertsons Peri-Peri Spice by. Roer goed en kook nog 2–3 minute tot die sous effens verdik het.
Roer die room by en laat dit nog ’n minuut liggies prut. Geur na smaak met swartpeper.
Bedien onmiddellik met vars brood en sprinkel vars groen brandrissie of koljander oor, plus ’n knippie peri-peri speserye.

Fran se wenk:
Voeg die Robertsons Peri-Peri Spice knippie vir knippie by totdat die gereg die regte hitte het vir jou smaak.

↑ Terug bo

Fran se Christmas Gammon:

Fran se Christmas Gammon:


1 Gammon (1,5 kg – as joune groter is, sal die kooktyd effens langer wees)
2 Wortels
1 Ui
Water (genoeg om halfpad teen die gammon te kom in die pot)
1 Blik Pynappel ringe

Glaseersel:
4 eetlepels Heuning
1 eetlepel Volgraan Mosterd
1 eetlepel Dijon Mosterd

Kap die wortels in groot stukke en sny die ui in 8 wiggies.

Plaas die gammon, met die toutjie aan indien daar een is, in ’n groot pot voeg die wortels en ui by.

Gooi water in die pot totdat dit halfpad teen die gammon staan. Sit die deksel op en kook liggies vir 40 minute.

Moenie op maksimum hitte kook nie – net genoeg om sag te prut, na ongeveer 20 minute mag jy dalk ’n bietjie water moet byvoeg sodat dit steeds halfpad teen die gammon bly.

Meng intussen die heuning, volgraan mosterd en dijon mosterd saam om die glaseersel te maak.

Voorverhit die oond tot 210 °C.
Na 40 minute se kook, gooi die water, wortels en ui weg.
Pak ’n paar pynappel ringe onder in ’n oondbak, dit gee ekstra sap wat saam met die glaseersel as sous bedien kan word.
Plaas die gammon in die oondbak.
Steek pynappel ringe (en kersies indien verkies) met tandestokkies bo-op vas.
Skep of verf die glaseersel oor die gammon.
Rooster sonder ’n deksel vir 40 minute teen 210 °C, tot goudbruin en effens bros.
Sny in skywe en bedien met jou keuse van stysel en groente.

↑ Terug bo

Jana se Lasagne:

Jana se Lasagne:


300 g lasagne velle
2 eetlepels olyfolie
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
700 g Beef,Hoender of Vark maalvleis
150 g sampioene, in skywe gesny
2 x 450 g blikke gekapte tamaties met sap
1 bees of hoender vleisaftreksel blokkie aangemaak met 250ml kookwater
5 ml elk oregano, basiliekruid, sout en swartpeper

120 g botter
100 g koekmeelblom
800 ml volroommelk
400 ml vars room
Sout en witpeper na smaak
Gemengde kase vir die bo laag van jou keuse iets wat lekker smelt so 400g altesaam.

Voorverhit die oond tot op 160°C.

Vleissous:
Soteer die ui en knoffel in olyfolie.
Voeg die maalvleis en sampioene by en braai tot gaar en bruin.
Voeg die tamaties,aftreksel en kruie by en prut vir 45 minutes.

Witsous:
Smelt die botter en roer die koekmeel by.
Voeg die melk en room geleidelik by en roer aanhoudend tot die sous verdik.
Geur met sout en witpeper.

Skep 'n laag witsous onder in die oondbak.
Gevolg met ’n laag lasagne velle.
Skep ’n laag vleissous gevolg met witsous .
Herhaal die lae en eindig met die kaas.
Bak vir 1 uur, laat rus vir ten minste 30 minute voor dit gesny en bedien word.
Old time Favourite van my...

↑ Terug bo

Cwinton se tuna pie:

Cwinton se tuna pie:


2 Pakkies lightly salted lays chips
1 Blikkie mushroom sop
2 Blikkies tuna gedreineer
Gerasperde kaas
Tamatie

Breek die chips fyn en meng die 2 blikkies tuna goed saam en dan die blikkie sop.
Druk plat in 'n oondbak.
Sit gerasperde kaas bo op en snytjies tamatie.
Sout en pepper na geur.
Bak tot kaas lekker crispy is.


↑ Terug bo

Kook ligter met hierdie vervangings:

Kook ligter met hierdie vervangings:


Aquafaba in plaas van eierwitte:
Aquafaba is die "vloeistof" van geblikte kekerertjies of bone. Dit kan geklits word tot ’n skuim soortgelyk aan eierwitte en gebruik word in meringues, mousse en veganiese mayo resepte.

Spirulina poeier in plaas van voedselkleursel:
Gebruik spirulina poeier, ’n voedingstofryke alge, om smoothies, nageregte en versiersels natuurlik groen of blou te kleur sonder kunsmatige voedselkleursel.

Kakaopoeier in plaas van sjokolade:
Gebruik onversoete kakaopoeier in bakresepte of as ’n bolaag in plaas van sjokolade om bygevoegde suikers te verminder en antioksidante te verhoog.

Griekse jogurt in plaas van roomkaas:
Gebruik Griekse jogurt as ’n ligter alternatief vir roomkaas in doopsouse en kaaskoekresepte.

Avokado in plaas van botter of margarien:
Smeer fyngedrukte avokado op roosterbrood of gebruik dit in bak resepte in plaas van botter of margarien om gesonde vette by te voeg en versadigde vet te verminder.

Chia sade in plaas van eiers in bak resepte:
Gebruik chia sade gemeng met water (1 eetlepel chia sade + 3 eetlepels water per eier) as ’n eier vervanger in bak resepte om omega-3-vetsure en vesel by te voeg.

Dadelpasta of appelmoes in plaas van suiker:
Gebruik dadelpasta (meng geweekte dadels met water en mash dit) of onversoete appelmoes of babapuree as ’n natuurlike versoeter in plaas van verfynde suiker in bak resepte.

↑ Terug bo

Spinasie,feta en soetrissie eierrolle:

Spinasie,feta en soetrissie eierrolle:


60 g botter
8 eiers
60 ml melk
Sout en peper na smaak
2 handevol baba spinasieblare
125 g feta, verkrummel
200 g geroosterde soetrissies
60 ml peppadews, gekap

Verhit ’n groot braaipan oor hoë hitte en smelt ’n eetlepel van die botter.
Klits 2 eiers saam met 1 eetlepel melk en geur met sout en peper.
Gooi die eiermengsel in die pan en draai die pan sodat dit die bodem egalig bedek.
Kook vir ongeveer 2 minute of totdat die eier net gaar is en die onderkant bruin is.
Skuif die eier op ’n bord en hou warm.
Herhaal met die oorblywende eiers.
Skep baba spinasie, feta, geroosterde soetrissies en peppadews op elke omelet.
Rol op om toe te maak.

↑ Terug bo

Slaaisouse:

Slaaisouse:


Romerige avokado slaaisous:

2 ryp avokado’s, fyngedruk
½ koppie water
¼ koppie olyfolie.
½ koppie gekapte koljander of pietersielie
¼ koppie lemmetjiesap
1 knoffelhuisie, fyngekap
Sout en peper na smaak


Heuning mosterd slaaisous:

½ koppie olyfolie
1 koppie suurlemoensap
2 eetlepels Dijon mosterd
2 eetlepels heuning
Sout en peper na smaak

Plaas al die bestanddele in ’n versapper of voedselverwerker en meng tot glad.
Rooiwynasyn slaaisous:

¼ koppie olyfolie
2 eetlepels rooiwynasyn
1 teelepel Dijon-mosterd
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper

Meng of skud al die bestanddele saam in ’n bottel of glasfles totdat dit goed gemeng is.
Romerige slaaisous:

2 eetlepels balsamiese asyn
¼ koppie olyfolie
3 eetlepels gewone jogurt
1 teelepel Dijon-mosterd
1 teelepel heuning
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
½ teelepel sout

Klits al die bestanddele saam tot ’n gladde, romerige slaaisous.
Suurlemoen slaaisous:

¼ koppie olyfolie
2 eetlepels suurlemoen- of lemmetjiesap
1 eetlepel lemoensap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 eetlepel vars pietersielie, gekap
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper

Meng of skud al die bestanddele saam tot goed gemeng.

Wenk: Bêre in die yskas vir tot 5 dae en skud altyd weer voor jy dit gebruik.

↑ Terug bo

Chilli mossels:

Chilli mossels:


500 g halwe-dop mossels
3 eetlepels olie
1 blik heel geskilde tamaties
1 ui fyn gekap
3 eetlepels botter
1 pakkie tamatie pasta
½ koppie droë witwyn
Rissie vlokkies na smaak
3 knoffelhuisies, fyngekap

Spoel die mossels af en verwyder die baardjies indien daar enige is.
Verhit die olie in ’n groot pot oor medium-hoë hitte.
Voeg die ui, knoffel, tamatie pasta en rissie vlokkies by en braai vir 1–2 minute tot geurig.
Voeg die blik tamaties by en druk dit effens fyn met die agterkant van ’n lepel. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir 10 minute prut terwyl jy af en toe roer.
Roer die witwyn, botter en mossels by, kook vir 6–10 minute tot mossels gaar is.

↑ Terug bo

Jana se chilli con carne:

Jana se chilli con carne:


600g Bees, Hoender of Vark maalvleis gegeur met steak en chop spice
2 Medium uie, gekap
3 Knoffelhuisies, fyngedruk
2 Rooi soetrissies, in blokkies gesny
2 Vars rissies gekap
1 Blik gekapte tamaties
50 g tamatiepasta
200 ml Bees of Hoenderaftreksel
2 Blikke rooi niertjie bone, swart bone of botter bone gedreineer
10 ml gerookte paprika
10 ml mixed herbs
Sout en peper na smaak

Braai die uie en soetrissies in 'n bietjie olie tot sag, voeg knoffel en rissie by braai vir 1 minuut.
Roer die speserye en tamatiepasta by en kook vir 'n minuut.
Voeg die maalvleis by en braai tot bruin, voeg die blik tamaties en aftreksel by en prut vir 20 minute.
Proe vir sout en peper voeg by as dit nodig is.
Roer die twee blikke bone laaste by en laat dit nog 10 minute prut totdat die sous verdik.
Geniet! Baie lekkerder die volgende dag op 'n toastie met kaas...

↑ Terug bo

Jana se Viskoekies:

Jana se Viskoekies:


600g koue gaar aartapels gemash dit moet droog wees.
Meng 300g gedreineerde tuna, 2 gekapte chives en 1 gerasperde suurlemoen skil by die aartapels maak 12 ewe groot balle.
Rol elke bal in meel of broodkrummels.
Sit dit in die yskas vir 30 minute.Dit verstewig die koekies omdat daar nie eier by is nie.
Braai die viskoekies in olie in 'n dikboompan tot goud bruin.
Bedien saam met 'n sousie van jou keuse hier is 'n lekker een.

↑ Terug bo

Jalapeno Hollandaise:

Jalapeno Hollandaise:


2 eiergele
15 ml vars suurlemoensap
5 ml Dijon mosterd
10 ml gekapte, gepekelde jalepeno's
125 ml baie warm gesmelte botter

Sit eiergele, suurlemoensap, mosterd en jalepeno's in 'n elektriese klitser meng tot die eiergele lyk of dit begin verdik drup dan die warm botter by terwyl jy klits tot die sousie glad en dik is.

Jy kan dit verdun met 'n bietjie kookwater as dit te dik is.

Geur met sout en peper en geniet dit saam met jou viskoekies.

↑ Terug bo

Gebakte Feta Pasta met Eiervrug en Kersietamaties

Gebakte Feta Pasta met Eiervrug en Kersietamaties:


1 eiervrug (ongeveer 350 g)
Olyfolie
Sout en peper
400 g kersietamaties
200 g Deense feta
1 teelepel fyngekapte knoffel
½ teelepel brandrissievlokkies, of na smaak
1 tak vars origanum (slegs die blare)
¼ koppie vars basiliekruid, fyn gesny
1–2 eetlepels balsamiese asyn
250 g pasta

Voorverhit die oond tot 190 °C.
Sny die eiervrug in skywe van ongeveer 1,5 cm en sny dit dan in blokkies. Plaas die eiervrug in ’n groot oondvaste bak.
Voeg 2 eetlepels olyfolie en ’n ruim knippie sout by en plaas dit vir 15–20 minute in die oond.
Haal uit die oond en voeg die kersietamaties en knoffel by. Meng goed deur. Maak ’n opening in die middel van die bak en plaas die blok feta daarin.
Sprinkel nog 2 eetlepels olyfolie, brandrissievlokkies, vars gemaalde swartpeper en die origanumblare oor.
Plaas terug in die oond en bak vir ongeveer 40 minute, of totdat die kersietamaties sag is en oopbars.
Kook intussen die pasta in sout water volgens die aanwysings op die verpakking.
Sprinkel die vars basiliekruid oor en roer die gebakte feta deur die eiervrug en tamaties totdat dit goed gemeng is.
Voeg die balsamiese asyn by en meng deur.
Voeg die gaar pasta by en meng totdat alles goed bedek is. Sprinkel nog vars basiliekruid en swartpeper oor en bedien.

↑ Terug bo

Broccoli, Kaas, Hoender Pasta Bake:

Broccoli,Kaas,Hoender Pasta Bake:


1 eetlepel olie
1 ui, fyn gesny
2 wortels, op gesny
340 g ontbeende hoenderborsies, in blokkies gesny
1 teelepel knoffelpoeier
Sout en peper na smaak
2 eetlepels gesoute botter
2 eetlepels vars tiemieblare
1 teelepel paprika
½ teelepel rooipeper (cayenne), na smaak
470 ml hoenderaftreksel
365 ml melk
450 g kort pasta of noedels
275 g broccoli-blommetjies, grof gekap
⅓ koppie gerasperde Parmesaankaas
170 g gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 220 °C.

Verhit die olie in ’n groot pot oor medium hitte. Voeg die ui en wortel by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg die hoender by en geur met sout en peper. Voeg die botter, tiemie, paprika, knoffelpoeier en rooipeper by en kook vir 2–3 minute tot bruin.

Voeg die hoenderaftreksel en melk by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte voeg die pasta en broccoli by.

Geur met sout en peper en roer gereeld totdat die pasta al dente is en die vloeistof meestal geabsorbeer is (8–10 minute).

Roer 1 koppie van die kaas by. Skep alles oor in ’n oondvaste bak.

Strooi die oorblywende kaas oor.

Bak vir 20 minute totdat die kaas gesmelt is.

↑ Terug bo

Kits Resepte in ’n Beker:

Kits Resepte in ’n Beker:

Pizza in ’n Beker:

4 eetlepels koekmeel
⅛ teelepel bakpoeier
Knippie koeksoda
Knippie sout
3 eetlepels melk
1 eetlepel olyfolie
2 eetlepels pizza of pastasous
3 eetlepels gerasperde kaas

Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot beker.
Voeg melk en olyfolie by en meng tot ’n beslag vorm.
Skep die sous bo-op en sprinkel kaas oor.
Mikrogolf vir 1½ – 2 minute totdat gaar.


Pasta in ’n Beker:

½ koppie klein droë pasta
½ koppie water
Knippie sout
¼ koppie melk
¼ koppie gerasperde kaas
Plaas pasta, water en sout in ’n groot beker.
Mikrogolf vir 2–3 minute en roer elke minuut totdat pasta sag is.
Voeg melk en kaas by.
Mikrogolf nog 30–60 sekondes tot romerig.

Pannekoek in ’n Beker:

4 eetlepels koekmeel
½ teelepel bakpoeier
1 eetlepel suiker
3 eetlepels melk
1 eetlepel gesmelte botter
¼ teelepel vanieljegeursel
Meng al die bestanddele in ’n beker tot glad.
Mikrogolf vir 60–90 sekondes totdat gaar.
Bedien met stroop, heuning of ekstra botter.

Omelet in ’n Beker:

2 eiers
2 eetlepels gekapte soetrissie
2 eetlepels spinasie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels gerasperde kaas (opsioneel)
Klits die eiers direk in ’n beker.
Voeg groente, sout en peper by en meng.
Mikrogolf vir 1 minuut, roer, en mikrogolf nog 30–60 sekondes tot gaar.
Sprinkel kaas oor en laat effens smelt.

Wenk:
Gebruik altyd ’n groot beker, want die mengsel rys in die mikrogolf.

↑ Terug bo

Hoender met Soetrissies en Suurlemoen:

Hoender met Soetrissies en Suurlemoen:


4 hoenderborsies of hoenderdye
2 eetlepels olyfolie
1 groot ui, gekap
2 soetrissies (rooi of geel) in repies gesny
3 knoffelhuisies fyngekap
1 teelepel mixed herbs
1 teelepel paprika
Sap van 1 suurlemoen + skil gerasper
Sout en swartpeper na smaak
1/4 koppie hoenderaftreksel

Verhit olyfolie in ‘n groot pan oor medium-hoë hitte.
Geur die hoender met sout, peper en paprika en braai dit 5–6 minute aan elke kant tot bruin en gaar.
Verwyder die hoender uit die pan en sit eenkant.
Voeg die ui en soetrissies in dieselfde pan en braai 4–5 minute tot sag. Voeg knoffel en mixed herbs by en braai nog 1 minuut.
Voeg die hoenderaftreksel, suurlemoensap en skil by en laat dit prut vir 2–3 minute. Sit die hoender terug in die pan tot deur warm.

↑ Terug bo

Tabasco:

Tabasco:


500g chilies stingels verwyder
500 ml witasyn
2 eetlepels sout

Was die chilies en sit dit in ’n kastrol.
Voeg die witasyn en sout by en laat dit vir 15 minute prut.
Wag tot dit heeltemal af gekoel het en blend dit tot fyn.
Sit die sous vir 2 weke in die yskas.
Na 2 weke, gooi die mengsel deur ’n fyn sif om die vaste stowwe te verwyder.
Sit dit in ’n skoon bottel met 'n prop in die yskas.
As dit te warm is los dit net in die yskas met tyd word die brand minder.
Jy kan die hitte aanpas deur sommige sade in te los of alles te verwyder. 🌶️

↑ Terug bo

Tannie Betsie se skons:

Tannie Betsie se skons:


500g bruismeel
250 ml room
330 ml Sprite koeldrank (‘n blikkie)
En dan so bietjie sout (halwe teelepel)

Gooi jou meel en sout in ‘n mengbak en maak n holte in die middel met jou houtlepel.
Gooi die room in die holte en roer deurmekaar.
Gooi nou jou Sprite by en roer goed.
Spuit jou muffinpannetjie met spray en cook of smeer dit met botter, skep lepels vol in die muffinpannetjie (jy kry 12 met gemak uit).
Bak vir 20 – 25 minute by 180 grade celsius.
Ons het dit geniet met aarbeikonfyt en room.  Jy kan dit met soutigheid en kaas ook geniet.
Hier kan jy heerlik kreatief wees.  Maak n tunamengsel met pietersielie en mayo vir bo-op sit of hoendermayonaise, gekookte eier fyngekap – net wat jou hart begeer.
Ek is seker dat jy sjokoladesplinters, neute, gekapte droevrugte, olywe, songedroogte tamaties van jou keuse ook by voeg.

↑ Terug bo

Tannie Betsie se Vinnige Tunatert:

Tannie Betsie se Vinnige Tunatert:


Stel die oond op 180°C
300 ml gerasperde cheddar
4 snye brood sonder korsies in klein stukkies gebreek
30 ml botter
250 ml melk
1 blik tuna in water, gedreineer
2 groot eiers
1 groot ui gerasper
5 ml bakpoeier

Gaar aartappelwiggies en slaai om voor te sit.
Hou 'n kwart van die kaas eenkant en meng dan die res van die bestanddele, behalwe die bakpoeier in 'n kastrol.
Kook die mengsel vir 'n paar minute oor lae hitte en roer aanhoudend.
Roer die bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in 'n gesmeerde oondbak of kleiner individuele bakkies.
Sprinkel die res van die kaas oor en bak dit vir 15-30 minute of tot dit gestol het.

↑ Terug bo

Lizelle se Shrimp en Truffel Risotto met Spicy Salami:

Lizelle se Shrimp en Truffel Risotto met Spicy Salami:


1 pakkie truffel risotto (mikrogolf weergawe)
1 pak shrimp skoongemaak
3 eetlepels knoffel botter
1 blik Italiaanse ingelegde heel tamaties
1 stuk Italiaanse spicy salami gekap
S&P na smaak

Maak die risotto gaar volgens die instruksies op die pakkie in die mikrogolf. Hou eenkant.
Braai die shrimp in die knoffelbotter in 'n groot pan oor medium hitte tot amper gaar ongeveer 2-3 minute afhangend van die grootte.
Voeg die hele blik tamaties met die sap by en druk hulle liggies stukkend met 'n houtlepel.
Laat prut vir 5-7 minute tot die shrimp heeltemal gaar is en die sous effens verdik.
Voeg die salami by en roer deur, prut vir nog 2-3 minute sodat die geure kan meng.
Voeg die gaar risoto by en meng weer tot alles eweredig versprei is.
Geur met sout en peper en bedien dadelik.
Opsioneel: Jy kan vars pietersielie of gerasperde parmesaan oor sprinkel vir ekstra geur.

↑ Terug bo

Zellie se Krismis Trifle: 🎄

Zellie se Krismis Trifle:


Vla:
Klaargemaakte vla (die vorige aand gekook met ’n kaneelstokkie vir geur en oornag verkoel)

Jelly & Vrugte:
4 pakkies raspberry jellie
1 blik ingelegde perskeskywe gedreineer
Vars aarbeie gesny
Vars blueberries

Koek & Bolae:
1 Roly Poly in skywe gesny
Room Bolaag:
500 ml vars room
Versiersuiker na smaak

🌙 Die aand voor die tyd:
Kook die vla in ’n pot tot dik met ’n kaneelstokkie vir ekstra geur.
Laat heeltemal afkoel en bêre oornag in die yskas.

Maak die jellie:
Berei 4 pakkies raspberry jellie volgens die instruksies op die boks.
Gooi die helfte in ’n groot trifle-glasbak.
Pak die ingelegde perskeskywe in die jellie.
Laat afkoel en plaas in die yskas om heeltemal te stol.
Gooi die res van die jellie in ’n plat vierkantige bak.
Laat afkoel en plaas ook in die yskas om te stol.

☀️ Die volgende oggend:
Bou die lae:
Skep ’n laag vla oor die gestolde jellie en perskes.
Sny die Roly Poly in skywe en pak bo-op die vla.
Sny die gestolde jellie in blokkies en strooi oor die Roly Poly.
Voeg vars gesnyde aarbeie en blueberries by.
Herhaal weer met ’n laag vla en nog Roly Poly.

⏰ 1–2 ure voor bediening:
Maak die room bolaag:
Klits die room met versiersuiker na smaak tot baie styf.
Skep die room as die boonste laag op die trifle.
Versier met vars aarbeie en blueberries.
Hou in die yskas tot net voor bediening. 🎅🍓

↑ Terug bo

Hoender à la King:

Hoender à la King:


2 eetlepels botter
200 g sampioene, gekap
1 soetrissie, gekap
2 uie, fyn gekap
4 koppies oorskiet hoender, ontbeen en sonder vel
60 g botter
30 g meel
2–3 koppies hoenderaftreksel
1 koppie vars room
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
’n Knippie paprika (opsioneel)

Smelt die botter in ’n pan en braai die sampioene, soetrissie en uie tot sag.
Smelt die oorblywende botter in ’n ander pan en roer die meel by. Kook totdat die mengsel van die kante van die pan begin wegtrek, soos wanneer ’n witsous gemaak word.
Voeg die hoenderaftreksel een koppie op ’n slag by en laat prut totdat die sous verdik.
Roer die room by en laat liggies prut totdat die sous glad en romerig is.
Voeg die hoender by en geur met sout en peper.
Sprinkel die paprika oor (indien verkies). Heerlik saam met pasta.

↑ Terug bo

Cottage Pie:

Cottage Pie:


2 eetlepels olie
1 kg beesmaalvleis
2 uie, in blokkies gesny
2 wortels, in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, gekap
2 eetlepels meel
2 eetlepels Worcestershire sous
2 koppies beesaftreksel
1 teelepel gedroogde gemengde kruie
1 eetlepel tamatiepasta
1 kg geskil en gaar aartappels, fyngedruk
100 g Cheddarkaas, gerasper
3 eetlepels gesmelte botter
Sout en witpeper, na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit die olie in ’n groot pan. Voeg die beesmaalvleis by en braai totdat dit bruin is en die meeste vloeistof verdamp het. Voeg die groente by en kook vir ’n paar minute, strooi dan die meel oor.

Voeg die Worcestershire sous, aftreksel, kruie en tamatiepasta by. Bring tot kookpunt. Bedek en laat prut vir 30 minute. Voeg ’n bietjie water by indien nodig. Geur na smaak.

Meng die kaas en botter by die fyngedrukte aartappels en geur na smaak. Skep die vleismengsel in ’n oondvaste bak. Smeer die kapokaartappels egalig oor die vleis.

Maak die oppervlak effens growwer met ’n vurk sodat die punte bros kan word in die oond. Bak vir 20 minute of totdat die vleissous borrelend warm is.

Sit voor met ertjies. YUM!

↑ Terug bo

Wors in Tamatie Sous:

Wors in Tamatie Sous:


1 kg rou boerewors, in stukke gesny
2 uie, in ringe gesny
1 eetlepel knoffel
2 blikke heel tamaties

Braai die uie in ’n groot pan tot amper gaar.
Voeg die knoffel by en kook vir 1 minuut.
Voeg die heel tamaties by en laat prut totdat die tamaties begin oopbreek.
Voeg die rou worsstukke by.
Sit die deksel op en kook oor lae hitte totdat die wors gaar is, soos jy daarvan hou.
Roer nou en dan sodat dit nie aanbrand nie baie lekker saam met pap.

↑ Terug bo

Beef Stew:

Beef Stew:


1 kg bees stowevleis met been
2 groot wit uie, geskil en grof opgekap
300 g wortels, geskil en in groot stukke gesny
500 g aartappels, geskil en in groot stukke gesny
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels tamatie paste
4 eetlepels Mrs Balls blatjang
2 koppies beesaftreksel
3 eetlepels meel om die vleis mee te bedek
2–3 eetlepels sonneblom olie
1 eetlepel mielieblom gemeng met 2 eetlepels koue water
Sout en peper na smaak

Voorverhit die oond teen 180 °C.
Rol die vleis in die meel en braai tot bruin nie gaar nie. Skep oor na ’n oondvaste kastrol of brediepot met 'n deksel.
Braai die uie in dieselfde pan tot dit begin sag word en voeg dit by die vleis.
Voeg die aftreksel, Worcestersous, tamatie paste en blatjang by.
Sit die pot met deksel in die oond teen 180 °C vir 1½ uur.
Haal die kastrol uit die oond en voeg die wortels en aartappels by.
Kontroleer die vloeistof en voeg ekstra aftreksel by indien nodig.
Plaas terug in die oond en bak vir nog 45 minute tot 1 uur, totdat die groente sag is.
Meng die mielieblom met koue water, roer dit by die bredie en laat prut vir 5 minute.

Bedien met:
Rys, Stamp mielies of Growwe vars brood om die heerlike sous mee op te vee.

↑ Terug bo

Hoenderpastei met ’n Slap Deeg:

Hoenderpastei met ’n Slap Deeg:


± 500 g gaar hoender borsies, in blokkies gesny
1 groot ui, fyn gekap
1 koppie gemengde groente
1 pakkie Chicken à la King souspoeier of sampioen soppoeier.
1 – 1½ koppies melk
1 teelepel knoffel poeier
Sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot op 180 °C

Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag.
Voeg die hoender borsies by en meng goed.
Voeg die gemengde groente en knoffel poeier by.
Meng die sous/sop poeier met die melk tot glad en gooi by die hoendermengsel.
Prut oor matige hitte totdat die sous dik is en die groente sag.
Geur met sout en peper.
Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak.

Slap Deeg (Bolaag):

125 ml olie
125 ml melk
190 ml bruismeel (of 190 ml meel + 5 ml bakpoeier)
1 groot eier

Meng al die bestanddele saam tot ’n slap deeg.
Gooi die deeg egalig oor die hoendermengsel.
Bak op 180 °C vir 20–30 minute totdat die bolaag gaar is.

↑ Terug bo

Vinnige Ingelegde Uie:

Vinnige Ingelegde Uie:


2 klein rooi uie, geskil en dun gesny
½ t growwe gemaalde swartpeper
1 t droë oregano
4 knoffelhuisies, fyn gekap
½ t sout
⅓ koppie appelasyn
⅓ koppie rysasyn
½ koppie warm water
1 t suiker

Plaas die gesnyde uie in ’n glasbak of glasfles.
Meng die appelasyn, rysasyn, warm water, sout en suiker totdat dit oplos.
Voeg die peper, oregano en knoffel by.
Gooi die mengsel oor die uie en maak seker alles is bedek.
Laat staan vir 30 minute by kamer temperatuur.
Die uie sal ’n mooi pienk kleur kry, maar steeds lekker bros bly.
Hou tot ±1 week in die yskas

↑ Terug bo

Sweet Chilli Jam:

Sweet Chilli Jam:


8 groot ryp rooi tamaties
1 groot rooi soetrissie
2–3 vars rooi chillies
1 duim grootte stuk vars gemmer, grof gerasper
1 koppie wit suiker
2 eetlepels balsamiese asyn
Sout na smaak

Sny die tamaties, soetrissie en chillies in skywe, skil en pitte ook . Plaas alles saam met die gemmer in ‘n blender en meng tot glad.
Giet mengsel in ‘n groot kastrol, voeg suiker, asyn en sout by.
Roer goed en bring vinnig tot kookpunt oor medium-hoë hitte.
Laat mengsel vir 10–12 minute prut, roer gereeld dit sal vinnig dikker word en begin stroperig lyk.

Toets dikte:
Sit ‘n klein druppel op ‘n koue bord. As dit stadig afvloei, is dit reg. Anders kook vir nog 2–3 minute.
Skep in skoon botteltjies laat heeltemal afkoel voordat jy dit in die yskas sit. Hou in die yskas vir ongeveer 2–3 weke.

↑ Terug bo

Feta Pesto Dip:

Feta Pesto Dip:


6 wiele fetakaas
125 g pesto
100 ml goeie olyfolie

Sit feta in ’n voedselverwerker.
Voeg pesto en olyfolie by. Meng tot glad en romerig. Voeg ekstra olyfolie by vir ’n dunner dip indien nodig.
Skep in ’n skoon bottel met 'n skroef deksel.
Bere in die yskas vir 4-5 dae.

↑ Terug bo

Songedroogte Tamatie Dip:

Songedroogte Tamatie Dip:


250 g roomkaas
125 g fyngekapte songedroogte tamaties
S&P na smaak
Meng alles saam. Bere in die yskas vir 3-4 dae.

↑ Terug bo

Ham en Kaas Wieletjies:

Ham & Kaas Wieletjies:


1 rol puff pastry
500 g Ham, gesnipper
500 g kaas, gerasper
Tamatie paste
Knoffelbotter, gesmelt
1 eier (vir eierwas)

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Rol die puff pastry oop op bakpapier.
Smeer die deeg egalig met die tamatie paste gevolg deur die gesmelte knoffelbotter.
Strooi die ham en kaas eweredig oor die deeg.
Rol nou die deeg styf op soos ’n worsrol steek 'n paar gate in vir die stoom om te ontsnap.
Plaas die hele rol met die naat onder op ’n bakplaat.
Verf met geklitste eier.
Bak vir 25–35 minute tot dit bros en gaar is.
Laat die rol vir 30 minute rus, sny dan in 2–3 cm skywe met ’n skerp mes.
Hierdie wieletjies kan maklik aangepas word met enige vulsel: Gebraaide Spek,Uie,Sampioene ,Rooi, Groen of Geel Soetrissies, Spinasie, Tuna of Hoender
Peppadews, Pickled Jalepeno's, Feta, Salami of Pepperoni.

↑ Terug bo

Lensie Koekies:

Lensie Koekies:


1 ui
100 g gaar ertjies
300 g gekookte en goed gedreineerde lensies
Sout en peper na smaak
Vars pietersielie
Knoffelpoeier na smaak
1 eier
Broodkrummels (genoeg om te bind)
Klein bietjie meel (indien nodig)

Voorverhit die air fryer tot 180 °C.
Plaas die ui, en lensies in ’n voedselverwerker.
Voeg sout & peper, pietersielie, knoffelpoeier en die eier by.
Meng tot ’n growwe mengsel voeg die ertjies by en meng deur.
Voeg broodkrummels en ’n bietjie meel by totdat die mengsel ferm genoeg is om koekies te vorm.
Sit die mengsel vir 20–30 minute in die yskas om te stol.
Vorm die mengsel in klein koekies of patties.
Spuit die koekies met spray en cook dit help vir brosheid.
Pak die koekies in die air fryer mandjie.
Bak vir 10–12 minute.
Draai die koekies versigtig om.
Bak nog 5–8 minute tot bros.
Laat koekies effens afkoel voor jy dit uithaal, warm koekies val makliker uit mekaar.

↑ Terug bo

Ultimate Braai Hot Chicken Wings:

Ultimate Braai Hot Chicken Wings:


1.5 kg hoendervlerkies (PnP no name brand ek hou van die size)
750 ml extra hot peri-peri sous
¼ koppie sojasous
2 eetlepels heuning of appelkooskonfyt
2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel paprika
1 teelepel knoffelpoeier
1 teelepel uiepoeier
½ teelepel swartpeper
2 eetlepels olie

Marineer:
Meng alles saam in 'n bak met 'n deksel.
Gooi oor die ontdooide vlerkies.
Marineer oornag in die yskas.
Draai minstens een keer vir egalige geur.
Hou 200 ml van die marinade om later te kook en oor die vlerkies te verf.

Braai oor medium kole.
Gebruik ’n toeklap rooster.
Draai elke 5-7 minute sodat dit nie aanbrand nie dit moet net mooi skroei.
Braai ± 35–45 minute of tot vleis gaar is,sappe helder is en die vel goed geskroei en sticky is.

Wanneer vlerkies amper gaar is:
Bring die marinade en 2 eetlepels appelkooskonfyt tot kookpunt en verf oor die vlerkies vir die laaste 5-8 minute.

↑ Terug bo

Mel se Unleavened Nagmaal Brood:

Mel se Unleavened Nagmaal Brood:


1/2 koppie meel
1/3 koppie olie
1/3 koppie water
1/8 teelepel sout

Meng alles saam en maak klein balletjies, druk dit plat en bak vir 20 minute op 180°C.

↑ Terug bo

Tannie Betsie se Lamsboud vir Paasfees:

Tannie Betsie se Lamsboud vir Paasfees:


1 lamsboud (±1.5 kg)
500 ml dubbelroom (Griekse) jogurt
4 knoffelhuisies, fyngekap
60 ml vars origanum, gekap
5 ml fyn komyn
Sout en peper na smaak

Meng die marinade:
Meng die jogurt, knoffel, origanum, komyn, sout en peper goed saam.

Marineer:
Smeer die lamsboud deeglik met die jogurtmengsel. Bedek en marineer oornag in die yskas (minimum 6–8 ure).

Bak:
Voorverhit die oond tot 160°C.
Haal die lamsboud uit die marinade.
Plaas in ’n oondpan en bedek met tinfoelie.
Bak vir ongeveer 3 – 3½ ure tot sag en gaar.
Verwyder die tinfoelie vir die laaste 20–30 minute vir ’n mooi bruin kors.

Rus:
Haal uit die oond en laat die vleis 10 minute rus. Sny vleis in skywe.

Ek stop gewoonlik ook my lamsboud met droëvrugte, want die smaak van die vleis en droëvrugte komplimenteer mekaar, en dit lyk baie mooi as dit op die bord lê.

↑ Terug bo

Mamma se Paasfees Kerrievis:

Mamma se Paasfees Kerrievis:


1,6 kg ferm wit vis
4 middelmatige uie, in dun ringe gesny
500 ml wit asyn
100 ml water
45 ml suiker
20 ml sout
40 ml kerriepoeier
12 ml borrie
2,5 ml rooipeper (opsioneel)
6 gekneusde suurlemoenblare

Maak die vis skoon en sny dit in stukke. Geur liggies met sout en peper.
Meng die asyn, water, suiker, sout, kerriepoeier, borrie en rooipeper in ’n groot kastrol.
Voeg die uieringe en suurlemoenblare by en laat 20–30 minute saggies kook.
Voeg die vis versigtig by sodat dit bedek is met die sous. Prut nog ±15–20 minute tot gaar.
Pak die vis in gesteriliseerde bottels of ’n erdebak.
Gooi die warm kerriesous oor sodat alles goed bedek is.
Laat heeltemal afkoel, verseël en bêre in die yskas of op ’n koel plek.
Laat staan minstens 2–3 dae voor bediening vir die beste geur.

↑ Terug bo

Komkommer Slaai met Mint, Jogurt & Feta:

Komkommer Slaai met Mint, Jogurt & Feta:


2 komkommers, gebruik ’n aartappelskiller vir dun linte.
1 rooi ui in dun skywe gesny
2 bossies chives, geknip
2–3 eetlepels vars kruisement, gekap
Klein handvol vars basil, grof gekap
Klein handvol vars pietersielie, gekap
1 suurlemoen, skil gerasper en sap uitgedruk
3 eetlepels olyfolie
2 eetlepels wit asyn
½ koppie dik Griekse jogurt
150 g feta, gekrummel
Sout en swartpeper na smaak

Meng die jogurt, olyfolie, wit asyn, suurlemoenskil en sap in ’n bakkie.
Roer die chives en kruisement by.
Plaas die komkommers en ui in ’n groot bak en voeg die basil en pietersielie by.
Skep die jogurtmengsel oor en meng liggies deur.
Sprinkel die gekrummelde feta bo-oor.
Geur met sout en swartpeper en bedien koud.

↑ Terug bo

Broccoli slaai met Bloukaas:

Broccoli slaai met Bloukaas:


½ koppie Griekse jogurt
¼ koppie apple cider vinegar
¼ koppie heuning
Sout en peper na smaak
4 koppies vars broccoli, gesny
1 koppie pitlose druiwe, gehalveer
200 g bloukaas, gekrummel
½ koppie rooi ui, gekap

Meng die Griekse jogurt, apple cider vinegar, heuning, sout en peper tot glad.
Plaas die broccoli, pitlose druiwe, bloukaas en rooi ui in 'n groot bak.
Giet die jogurt sous oor die broccoli mengsel en roer liggies totdat alles eweredig bedek is.
Laat die slaai minstens 30 minute in die yskas staan voordat dit bedien word.

↑ Terug bo

Groen Tamatie Sweet Chilli Chutney:

Groen Tamatie Sweet Chilli Chutney:


1.5 kg groen tamaties, gewas en in skywe gesny
4 groot uie, in skywe gesny
4 jalapeños, gekerf
¼ koppie suiker
500 ml wit asyn
Sout na smaak

Plaas al die bestanddele in ’n groot pot.
Kook oor lae hitte totdat dit stroperig en lekker dik is.
Soos die vloeistof begin verminder, roer meer om te keer dat dit aanbrand.
Druk die tamaties met ’n lepel plat terwyl dit kook.
Die kookproses neem ongeveer 4 ure.
Skep die warm chutney in gesteriliseerde bottels.
Laat heeltemal afkoel voordat dit in die yskas gebêre word.
Maak ongeveer 1 liter.

↑ Terug bo

Paasfees Hoender en Broccoli Gebak:

Paasfees Hoender en Broccoli Gebak:


300 g pasta (penne of macaroni)
450 g vars broccoli, in klein blommetjies gesny
350 g gaar hoender, in blokkies gesny
1 pakkie hoendersoppoeier
500 ml koue melk
5 ml mosterd poeier
150 g Cheddarkaas, gerasper
40 g broodkrummels
40 g botter, gesmelt
Sout en swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 190 °C.
Kook die pasta in soutwater tot net gaar en dreineer.
Kook die broccoli vir 3–4 minute in kookwater tot sag en dreineer.
Meng die hoendersoppoeier, melk en mosterd saam tot ’n gladde sous.
Voeg die pasta, broccoli, hoender en die helfte van die kaas by en meng.
Skep die mengsel in ’n groot gesmeerde oondbak.
Strooi die res van die kaas bo-oor.
Meng die broodkrummels met die gesmelte botter en strooi oor die kaas.
Bak vir 25–30 minute tot borrelend en goudbruin.

↑ Terug bo

Jana se Vark en Bier Potjie:

Jana se Vark en Bier Potjie:


4 eetlepels olie
1 kg been-in varknek-skywe
1 teelepel sout
½ teelepel selderysout
¾ teelepel swartpeper
2 wit uie, geskil en grof gekap
2 wortels, geskil en gekap
4 koppies aartappels, in blokkies gesny
3 knoffelhuisies, fyngekap
500 ml bier (nie 'n Lite bier nie...'n grootmens Bier)
500 ml hoender aftreksel
1½ teelepel gedroogde tiemie
1 teelepel paprika
2 eetlepels mielieblom gemeng met 6 eetlepels koue water
½ koppie room

Verhit die olie in ’n potjie oor matige kole.
Geur die vark met sout, selderysout en swartpeper. Braai die vleis aan al die kante tot bruin en hou eenkant.
Voeg die uie by die pot en soteer tot sag . Voeg die knoffel by en roer vir ongeveer ’n minuut.
Voeg die wortels en aartappels by en roer vir 2–3 minute.
Gooi die bier en aftreksel by en plaas die vark terug in die pot. Voeg die tiemie en paprika by.
Laat die potjie stadig prut oor lae kole vir ongeveer 2 tot 2½ uur roer af en toe totdat die vleis sag is en van die been af val.
Roer die mielieblommengsel by. Laat nog sowat 5 minute prut.
Haal die pot van die kole af en roer die room by. Laat die potjie ’n paar minute staan voor jy opskep.

↑ Terug bo

Bykosse vir Paasfees:

Bykosse vir Paasfees:


Geen Mayo Koolslaai:

1 kop groen kool, fyn gesny
1 groot wortel, gerasper
½ wit of rooi ui, baie dun gesny

Slaaisous:
80 ml appelasyn
3 eetlepels olyfolie
2 eetlepels heuning (of meer na smaak)
½ eetlepel Dijon-mosterd
2 teelepels seldery sout
¼ teelepel swartpeper

Plaas die gesnyde kool, wortel en ui in ’n groot mengbak.
In ’n kleiner bakkie klits die appelasyn, dijon-mosterd, heuning, olyfolie, seldery sout en peper saam. Proe en voeg nog heuning by indien jy dit soeter verkies.
Gooi ongeveer die helfte van die slaaisous oor die koolmengsel en meng deur.
Voeg die res van die sous by laat staan vir 60 minute in die yskas.



Zoodle Slaai met Feta:

1 medium zucchini
1 groot wortel
½ komkommer – in dun julienne-stukke gesny
1 elk rooi, oranje en geel soetrissie, in lang dun repies gesny
10 kersietamaties, gehalveer
½ koppie kalamata-olywe, ontpit
1 avokado, in blokkies gesny
½ bos pietersielie of koljander, stingels verwyder (hou ’n bietjie vir versiering)
100–150 g feta

Lemmetjie-Heuning Balsamiese Sous:

Sap van 1 groot lemmetjie
½ teelepel fyn gerasperde lemmetjieskil
1 eetlepel heuning
¼ koppie olie
1 eetlepel balsamiese asyn
¼ teelepel chilipoeier
Sout na smaak

Plaas die lemmetjiesap, lemmetjieskil en heuning in ’n klein bakkie en roer totdat die heuning opgelos is.
Voeg die balsamiese asyn en chilipoeier by en meng goed.
Giet die olie stadig by terwyl jy aanhoudend klits of roer.
Geur met sout na smaak.

Gebruik ’n spiralizer om die zucchini en wortel in noodle-stukke te sny.
Plaas die zoodles en wortelnoodles in ’n groot bak.
Strooi ½ teelepel sout oor.
Meng en laat staan 10–15 minute.
Druk met skoon papierhanddoeke om oortollige water uit te kry.

Plaas die zoodles, wortelnoodles, komkommer, soetrissies, kersietamaties, olywe en avokado in ’n groot slaaibak.
Meng die sous deur en voeg die pietersielie en feta by die feta moet net liggies gemeng word sodat dit nie heeltemal breek nie.

Sout Pampoenskywe:

Butternut geskil en in 2–3 cm skywe gesny
Botter of olyfolie
Sout en peper
Mixed herbs
2 knoffelhuisies, fyngekap

Plaas die pampoenskywe in ’n oondbak en sit 'n klont botter op elkeen of besprinkel met olyfolie.
Geur met sout, peper, mixed herbs en knoffel.
Voeg ’n klein bietjie water onder in die bak en maak toe met foelie.
Bak in ’n voorverhitte oond by 180–200°C totdat die pampoen sag is, ongeveer 25–35 minute, afhangend van die dikte van die skywe.

Mielies in foelie op die kole:

Mielies, blare verwyder en skoongemaak
Botter
Aromat

Sit 'n klont botter op elke mielie rol die mielies toe met foelie druk dit styf toe.
Plaas die foelie-pakkies direk op gloeiende kole.
Kook vir ongeveer 20–25 minute, draai af en toe, totdat die mielies gaar is.
Smeer nog botter op en Aromat.

Groenboontjie Mash:

300 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
800 g groenboontjies, gesny en skoongemaak
2 blokkies chicken stock aan gemaak met water
1 groot ui, gekap
2 eetlepels botter
Sout en peper na smaak

Kook die groenboontjies, aartappels en ui in die stock totdat dit sag is.
Dreineer en plaas in ’n groot bak. Mash dit en meng die botter by. Geur met sout en peper.

↑ Terug bo

Vinnige Paasfees Nageregte:

Vinnige Paasfees Nageregte:


Al die nageregte is so binne my kraal almal weet ek kan nie soet bak nie so hier kom dit of miskien het een van julle ook net "vergeet" van die poeding : )

KitKat Paasfees Fudge:

395 g kondensmelk
400 g melksjokolade
2 pakkies KitKat, in stukke gebreek
Mini paaseiers

Smelt sjokolade en kondensmelk saam oor lae hitte.
Meng KitKat stukke in.
Gooi in ’n bakpan en druk paaseiers bo-op.
Laat stol in die yskas en sny blokkies.



Hot Cross Bun in 'n Glas:

Een glas per persoon...lyk vreeslik fancy : )
1 hot cross bun, gesny in blokkies
2 eetlepels vanielje vla of sjokolade mousse
2 eetlepels geklopte room
3–4 mini paaseiers

Sny die hot cross bun in klein blokkies en lê ’n laag onder in die glas.
Gooi ’n eetlepel vla of mousse oor die broodblokkies.
Voeg ’n eetlepel geklopte room bo-op.
Herhaal nog ’n laag: broodblokkies, vla/mousse, room.
Strooi mini paaseiers bo-op.
Sit dit in yskas vir 5-10 minute.

Perske Room Parfait:

1 blik perskes, gedreineer
1 koppie vanielje jogurt
½ koppie geklopte room
’n handvol granola

Pak perskes onder in ’n glas.
Voeg jogurt en room by.
Strooi granola bo-oor.

Neut en Heuning Yogurt Bark:

1 koppie vanielje jogurt
1 koppie gekapte neute van jou keuse
1 eetlepel heuning

Skep die vanielje jogurt op ’n bakpapier in ’n dun laag.
Strooi die gekapte neute oor.
Drup heuning bo-oor.
Sit in die vrieskas vir ongeveer 30 minute.
Breek in stukkies.

Neut gevulde Piesangbootjies:

1 piesang per persoon
1 eetlepel gesmelte botter of heuning
2 eetlepels gekapte neute van jou keuse

Sny die piesang op die lengte oop, maar nie heeltemal deur nie – dit moet soos ’n “bootjie” oopvlek.
Drup gesmelte botter of heuning oor die piesang.
Strooi die gekapte neute bo-oor.
Sit in die yskas vir later.

↑ Terug bo

Jana se Paasfees Varkskenkel Bredie:

Jana se Paasfees Varkskenkel Bredie:


600 g varkskenkels meeste vet af gesny
Meel gegeur met sout en peper om die vark in te rol
Sout en peper na smaak
2 eetlepels olie
3 groot uie, gekap
1 groot wortel, gekap
500 g sampioene, gekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
2 eetlepels gerookte paprika
1 blik tamaties
70 ml tamatiepasta
400 ml hoenderaftreksel

Voor verhit die oond tot 160 °C.
Rol die vark in die meel.
Verhit die olie in ’n groot oondvaste pot oor medium-hoë hitte. Braai die vark vir ongeveer 2 minute aan elke kant totdat dit bruin is.
Sodra dit aan al die kante gebraai is, haal die vark uit en hou eenkant.
As die olie gebrand het, gooi dit weg en gebruik vars olie, maar moenie die pot skoonmaak nie.
Voeg die sampioene, wortels en uie by. Laat die groente oor medium hitte kook totdat dit effens sag is.
Voeg ’n bietjie van die hoenderaftreksel by en verlaag die hitte skraap die bruin stukkies van die bodem van die pot los.
Voeg die res van die aftreksel, die tamaties, tamatiepasta en kruie by.
Laat die mengsel oor medium hitte vir ongeveer 10 minute prut.
Plaas die vark terug in die pot, sit ’n deksel op en plaas dit in die oond.
Laat die vark vir ongeveer 3 ure in die sous kook totdat dit sag en geurig is.

↑ Terug bo

Boerie Nachos:

Boerie Nachos:


1.4 kg aartappels
4 eetlepels olie
1 teelepel swartpeper
1 teelepel knoffelpoeier
Spray en Cook
2 teelepels sout
2½ koppies gaar wors, in klein stukkies gesny
2–3 koppies gerasperde cheddarkaas
½–1 blik Chakalaka

Voorverhit die oond tot 220°C.
Was die aartappels en druk dit goed droog. Sny die aartappels in skywe.
Meng die aartappels, olie, swartpeper, sout en knoffelpoeier totdat alles goed gemeng is.
Spuit 2 oondpanne met spray en cook. Verdeel die aartappels eweredig tussen die oondpanne in 'n enkel laag.
Bak vir 20 minute en draai die aartappels om en sit weer terug in die oond. Bak nog 10–15 minute totdat die aartappels bruin en bros is.
Plaas al die aartappels in een oondpan en sprinkel die boerewors stukkies en kaas bo-oor. Skep die chakalaka hier en daar oor die aartappels. Sit terug in die oond en bak totdat die kaas gesmelt is.

Voorstelle vir extra toppings:
1 klein rooi ui, fyn gesny
1 tamatie, in blokkies gesny
1 klein avokado, in blokkies gesny
1 jalapeño of groen rissie, gesny
½ koppie suurroom of Griekse jogurt
Vars koljander of pietersielie

↑ Terug bo

Kerrie Hoender Potjie:

Kerrie Hoender Potjie:


1.5 kg hoenderporsies
2 eetlepels olie
2 groot uie, grof gekap
3 medium aartappels, in blokkies gesny
500 g klein mielies
500 g ertjies
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels tamatiesous
400 ml hoenderaftreksel
125 ml room
Sout en peper na smaak

Voorverhit jou potjie oor medium hitte oor die kole. Voeg olie by.
Braai die uie tot sag.
Voeg hoenderporsies by en braai liggies aan albei kante.
Meng kerriepoeier en borrie in ‘n bietjie aftreksel en gooi by die hoender.
Voeg blatjang, tamatiesous, aartappels, ertjies en mielies by. Gooi die res van die aftreksel oor alles.
Laat dit rustig prut oor matige hitte vir 60 minute. Roer af en toe.
Voeg die room by in die laaste 5 minute.

Moenie te veel roer nie die hoender moet heel bly.
Hou die hitte matig – nie te warm nie, anders kan die vleis taai word.
As die sous te dik raak, kan jy ‘n bietjie ekstra aftreksel by voeg.

↑ Terug bo

Roosterkoek op die Vuur:

Roosterkoek op die Vuur:


Gekoopte brood deeg

Bedek die deeg en laat dit ongeveer 45–60 minute rys totdat dit in grootte verdubbel.
Druk die deeg af en verdeel dit in 8–10 bolletjies.
Druk elke bolletjie effens plat.
Laat die bolletjies nog 15–20 minute rus.
Spuit met spray en cook en plaas die bolletjies op ’n rooster oor medium kole.
Braai hulle ongeveer 8–10 minute per kant totdat hulle bruin en gaar is.
Sny die roosterkoek oop terwyl dit nog warm is en smeer met botter.

↑ Terug bo

Mamma se Haddock in Melk:

Mamma se Haddock in Melk:


4 haddock filette
500 ml melk
1 groot ui, fyn gesny
200 g sampioene, in dun skywe gesny
2 eetlepels botter of olie
2 teelepels fish spice
Sout en swart peper na smaak

Verhit die botter in ‘n groot pan oor medium hitte. Voeg die ui by en braai tot dit sag is.
Voeg die sampioene by en braai tot dit gaar is.
Strooi die fish spice,sout en peper oor die groente.
Voeg die melk by en laat dit stadig tot net onder kookpunt warm word (moenie laat dit kook nie, anders kan die melk verdik en klonte vorm)
Plaas die haddock filette in die melkmengsel. Bedek die pan en laat dit 8–10 minute stadig kook, of totdat die vis net gaar is.
Mamma het altyd die gemaak wanneer ons gekamp het vir ontbyt...YUM : )

↑ Terug bo

Stokbrood:

Stokbrood:


Ons het baie gekamp die stokbrood was 'n lekkerte vir ons kinders, ons het elkeen ons eie stok gesoek...dit het ons die hele dag gevat om die "regte" stok te kry. Die stok moenie "giftig" wees nie, hy moet lank genoeg wees dat jy by die vuur kan bykom, hy moet dik genoeg wees... as julle ander reëls kan onthou laat my weet. Jys baie trots en bly wanneer jy die "regte" een gekry het.

2 koppies koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels suiker
1/2 teelepel sout
2 eetlepels margarien of botter
3/4 koppie melk (meer indien nodig)

Meng koekmeel, bakpoeier, suiker en sout in ‘n bak.
Vryf margarien in tot die mengsel lyk soos fyn krummels.
Voeg die geklitste eier by en meng liggies.
Voeg melk en water by en meng tot ‘n stywe deeg vorm.

Gee vir elkeen 'n bolletjie deeg: Nou vir die fun part, jy rol hom tussen jou hande tot hy lyk soos 'n dik wors, en dan draai jy hom om jou stok soos 'n spiraal.
Dan gaan braai jy hom tot hy gaar genoeg is vir jou. Daarna haal jy hom van die stok af en smeer botter oor...Lekker!

↑ Terug bo

Tian se Oxtail en Banana Pot:

Tian se Oxtail en Banana Pot:


Tian het al 'n kompetiesie gewen met die pot.

1.2 kg tot 1.8 kg beesstert, in stukke gesny
12 klein aartappels
5 medium wortels, in repies gesny
10 hele uitjies
3 medium uie, fyn gesny
250 g button mushrooms
30 ml botter
2 groot tamaties, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
10 ml gekapte pietersielie
1 rooi chilli, fyngekap
10 hele kruienaeltjies

Sous:
10 ml gemengde kruie
80 ml bruin asyn
2 bay leaves
40 ml Worcestershire sous
40 ml tamatiesous
500 ml warm water
40 ml chutney
Sout en peper na smaak
20 ml heuning
4 ryp piesangs, in skywe gesny
35 ml medium kerriepoeier

Smeer die pot met die botter en verhit dit. Braai die vleis vir ongeveer 15 minute.
Voeg die uie, knoffel, chilli, naeltjies, kruie, bay leaves, sout en peper by en braai vir nog 15 minute. (As die pot te droog raak, voeg ‘n bietjie warm water by.)
Voeg nou die 500 ml warm water by, sit die deksel op en laat die pot vir ongeveer 2 uur prut.
Meng intussen die bestanddele van die sous en sit eenkant.
Na 2 uur, sit die piesangs bo-op die vleis en pak die groente volgens die volgorde in die resep.
Strooi die pietersielie bo-op en prut vir nog 'n uur.
Voeg die sous by en laat dit vir nog 30 minute prut voordat dit bedien word.

Hierdie lieflike pot is die lekkerste wanneer dit saam met bruin of witrys bedien word. Dit is genoeg vir 6 mense en ‘n #3 pot word aanbeveel.

↑ Terug bo

Miemie se Tiramisu:

Miemie se Tiramisu:


360 ml kloproom
225 ml mascarpone kaas, kamer temperatuur
67 g wit suiker
5 ml vanielje-ekstrak
360 ml voorbereide koue espresso (of sterk koffie)
1 pakkie langvingerbeskuitjies (±24 koekies)
Kakaopoeier vir bo-oor sif

Voeg die room in ’n mengbak en klits teen medium spoed met ’n elektriese klitser (of gebruik ’n staanmenger). Voeg die suiker en vanielje stadig by en klits tot stywe punte vorm.
Voeg die mascarpone kaas by en vou dit liggies in. Sit eenkant.
Gooi die koffie in ’n vlak bak. Doop die langvingerbeskuitjies vinnig in die koffie (moenie dit week nie net vinnig aan albei kante natmaak) en pak dit in ’n enkele laag onder in ’n 20 × 20 cm bak.
Smeer die helfte van die mascarpone mengsel bo-oor. Voeg nog ’n laag gedoopte beskuitjies by.
Smeer die res van die mascarponeroom bo-oor.
Sif ’n ruim laag kakaopoeier oor die bokant, ’n fyn sif werk goed.
Verkoel vir minstens 3–4 ure, of oornag.

↑ Terug bo

Spek Gevulde Sampioene:

Spek Gevulde Sampioene:


500 g groot sampioene (heel, stingels verwyder)
200 g spek, fyn gekap
125 ml roomkaas
60 ml mayonnaise
1 koppie gerasperde parmesaan kaas
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
Sout en swartpeper na smaak
Olyfolie vir drup

Voorverhit die oond tot 180°C.
Haal die stingels uit die sampioene en kap dit fyn. Pak die sampioenhoedjies op ’n bakplaat.
Braai die spek tot bros. Voeg die gekapte sampioenstingels by en braai vir nog ’n paar minute.
Meng die spek-en-sampioenmengsel met die roomkaas, mayonnaise, parmesaan kaas, knoffel en pietersielie. Geur met sout en peper.
Skep die vulsel in elke sampioenhoedjie.
Drup ’n bietjie olyfolie oor en bak vir 20–25 minute.

↑ Terug bo

Dunked Hoendervlerkies:

Dunked Hoendervlerkies:


1 kg hoendervlerkies
½ koppie koekmeel
½ koppie mielieblom
1 eetlepel chicken spice
Spray en cook

Sous:
1 koppie water
1 koppie dun gesnyde gemmer, geskil
3 eetlepels sojasous
½ koppie bruinsuiker
¼ koppie wit asyn
2 eetlepels heuning
1 tot 2 eetlepels chilli vlokkies
1 tot 2 eetlepels geroosterde sesamsaad (opsioneel, vir opdiening)

Voorverhit die air fryer tot 180°C.
Meng die koekmeel, mielieblom en chicken spice in ’n mengbak.
Rol die hoendervlerkies in die meelmengsel totdat hulle liggies bedek is.
Spuit met spray en cook.
Plaas die vlerkies in die air fryer se mandjie in ’n enkel laag.
Bak teen 180°C vir 15 minute.
Haal uit, draai die vlerkies om en braai nog 10–15 minute teen 200°C totdat hulle bros is.

Plaas die water, gemmer, sojasous, asyn en bruinsuiker in ’n klein kastrol.
Bring tot kookpunt en laat prut.
Voeg die heuning en chilli vlokkies by.
Laat die sous stadig kook totdat dit met ongeveer die helfte verminder en ’n dik, stroperige tekstuur het.
Haal van die hitte af en hou eenkant.
Gooi die warm hoendervlerkies in die sous en meng goed sodat alles bedek is.
Sprinkel sesamsaad oor (indien gebruik) en sit warm voor.

↑ Terug bo

Vinnige Sjokolademousse:

Vinnige Sjokolademousse:


240 ml dubbelroom
24 g kakaopoeier
38 g versiersuiker
¼ teelepel vanielje-ekstrak

Klits die room in ’n groot bak met ’n handmenger, of in ’n staanmenger met ’n klitser, teen hoë spoed totdat dit dik en skuimerig is.
Stop die menger en sif die kakaopoeier en versiersuiker by.
Voeg die vanielje-ekstrak by en meng weer teen lae spoed totdat dit meestal ingewerk is. Jy kan dit ook met ’n lepel invou in plaas van om dit te klits.
Verhoog die spoed en klits totdat sagte tot medium punte vorm.
Verkoel tot benodig.

Wenke:
Maak seker die room is ys koud voordat jy dit klits.
Dubbelroom klits vinniger, so moenie oorklits nie anders word dit botter 😄

↑ Terug bo

Skaap Potjie met Slaaisous:

Skaap Potjie met Slaaisous:


1.8 – 2.2 kg skaapboud
2 x 250 ml bottels Franse of Italiaanse slaaisouse
2 uie, in dik skywe gesny
3 wortels, in stukke gesny
4 aartappels, in groot blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 groen soetrissie, in repe gesny
250 g sampioene
1 koppie mutton aftreksel

Maak ’n medium kole vuur en plaas 'n Nr. 3 Potjie op die kole.
Eerste laag:
Uie en wortels onder in die potjie.
Tweede laag:
Plaas die hele skaapboud bo-op die groente.
Derde laag:
Pak die aartappels rondom die boud.
Vierde laag:
Sit die soetrissies en sampioene bo-op.

Meng die slaaisous met die aftreksel en gooi dit oor alles.
Sit die deksel op en prut vir 2½ – 3 ure op matige hitte.
Moenie te veel roer nie.
Wanneer die vleis sag is en maklik van die been loskom, is die potjie reg.

↑ Terug bo

Oondgebakte Butternut, Prei en Sampioen:

Oondgebakte Butternut, Prei en Sampioen:


500 g butternut, geskil en in skywe gesny
500 g preie, skoongemaak (harde blare verwyder) en in ringe gesny
500 g sampioene, gesny
1 rissie, fyn gekap
Cheddarkaas (gerasper)
Knoffel na smaak
Olyfolie
Sout en swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit olyfolie in ’n groot pan.
Soteer die knoffel en rissie vir ongeveer 1 minuut tot geurig.
Voeg die preie by en kook vir 5–7 minute tot sag.
Voeg die sampioene by en kook tot sag en die meeste vloeistof verdamp het.
Geur met sout en swartpeper.
Skep die helfte van die prei- en sampioenmengsel onder in 'n oondbak.
Plaas die butternut bo op en geur liggies met sout en peper.
Skep die res van die prei- en sampioenmengsel oor die butternut.
Sprinkel die gerasperde cheddarkaas bo-oor.
Bedek met foelie en bak vir 30 minute.
Verwyder die foelie en bak nog 15–20 minute tot die butternut sag is.

↑ Terug bo

Driebone slaai:

Driebone slaai:


Sous:
500 ml appel-, witwyn- of druiweasyn
375 ml ligte bruinsuiker
2 ml borrie
15 ml mosterdsaadjies
20 ml mielieblom, aangemaak met ’n bietjie water

Slaai:
2 blikke rooi nierbone, gedreineer
2 blikke botterbone, gedreineer
2 blikke groenbone, gedreineer
2 uie, gekap
2 soetrissies, ontpit en in repies gesny

Maak die sous:
Voeg die asyn en bruinsuiker in ’n kastrol en verhit oor matige hitte. Roer totdat die suiker heeltemal opgelos is. Voeg die borrie en mosterdsaadjies by en laat dit liggies prut vir ongeveer 5 minute. Meng die mielieblom met ’n bietjie water tot glad en roer dit stadig by die sous. Hou aan roer totdat die sous effens verdik en net begin kook. Haal dit van die hitte af.

Berei die slaai:
Meng die gedreineerde bone, uie en soetrissies voeg dit by die warm sous en meng deur.

Bottel:
Skep die warm slaai in gesteriliseerde flesse en draai dit styf toe laat die slaai afkoel en plaas in die yskas.

↑ Terug bo

Tropiese Vodka Vibes:

Tropiese Vodka Vibes:


6 koppies vrugte sap
2 koppies pynappelsap
½ koppie passion fruit pulp
¼ koppie vars suurlemoen- of lemmetjiesap
1 koppie vodka
1 koppie ligte rum

Meng al die vrugte sappe en passion fruit pulp in ’n groot kan of mengbeker.
Voeg die vodka en rum by en roer deur.
Proe en pas die suur of soet aan – byvoorbeeld meer lemmetjiesap of ’n bietjie ekstra vrugte sap vir soeter.
Bedien ys­koud met vrugte ysblokkies.

Vrugte ysblokkies:
Maak ysblokkies met stukke vrugte soos kersies, pynappel,blueberries of strawberries.

↑ Terug bo

Cheddar en Zucchini Brood:

Cheddar en Zucchini Brood:


2 gerasperde zucchini, water uit gedruk
375 g meel
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
1 eier
3 eetlepels gesmelte botter
250 ml warm melk
½ teelepel koeksoda
½ eetlepel bakpoeier
125 g cheddar, gerasper
Ekstra gerasperde cheddar

Voorverhit oond tot op 180°.
In ’n groot bak meng die meel, sout, suiker, eier, gesmelte botter en melk voeg koeksoda en bakpoeier by.
Voeg die gerasperde zucchini en cheddar by en meng deur.
Smeer’n broodpan en sit die mengsel daarin.
Strooi ekstra gerasperde cheddar bo-op.
Bak vir 45–50 minute, of tot 'n mes skoon uit kom.
Laat heeltemal afkoel voordat jy dit sny.

↑ Terug bo

Gevulde Tamaties:

Gevulde Tamaties:


1 eetlepel olie
spray en cook
4 groot tamaties
sout
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, ontpit en fyn gekap
2 blikkies tuna ,gedreineer
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
1 eetlepel lemon pepper

Voorverhit oond tot op 180°C
Sny die bokante van die tamaties af (hou dit) en verwyder die sade en pulp versigtig met ’n lepel. Sprinkel die sout in die holtes en sit die tamaties in die oond.
Verhit 1 eetlepel olie in ’n pan oor medium hitte. Soteer die ui, tamatie pulp, knoffel en rooi soetrissie tot sag en meeste vog weg gekook het.
Voeg die tuna, pietersielie en lemon pepper by die uie mengsel.
Haal die tamaties uit die oond en dreineer die water.
Vul die tamaties met die tuna mengsel en sit die bokante terug.
Spuit ’n oondpan met spray en cook en rangskik die gevulde tamaties daarin.
Bak 30 minute tot die tamaties net sag is en die vulsel warm.

↑ Terug bo

Romerige Visvinger Pastei:

Romerige Visvinger Pastei:


Vislaag:
1 boks (32) visvingers (ontdooi)
1 groot ui, fyngekap
1 blik mielies, gedreineer
1 blik ertjies, gedreineer
1 eetlepel olie
Romerige sous:
60 g botter
60 g meel
500 ml melk
125 ml room
150 g gerasperde kaas (gebruik ½ in sous, ½ vir bo-op)
Sout en peper na smaak

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak.
Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag, voeg mielies en ertjies by.
Smelt botter in ’n kastrol.
Roer meel by en kook 1 minuut.
Voeg melk en room geleidelik by terwyl jy roer totdat dit glad en dik is.
Meng ½ van die gerasperde kaas by die sous tot dit smelt.
Geur met sout en peper.
Plaas ‘n laag visvingers in die oondbak.
Skep ‘n laag van die uie mengsel bo-oor.
Gooi ‘n laag sous oor.
Herhaal lae totdat alles gebruik is, en eindig met die sous.
Strooi die res van die kaas oor en bak vir 35-40 minute.

↑ Terug bo

Guacamole:

Guacamole:


1/2 wit ui
1/2 jalapeño
½ teelepel sout, of meer na smaak
¼ koppie grofgekapte koljanderblare
2 medium avokado’s (of 1 groot) – moet baie ryp wees
½ suurlemoen se sap
Opsioneel: 1 ryp tamatie, geskil, ontpit en gekap

Plaas die ui, jalapeño, sout en koljander in 'n blender. Meng kortliks totdat dit grof gekap is skep uit in 'n bakkie.
Plaas die avokado en suurlemoen sap in die blender en meng tot glad, meng dit by die uie en jalapeño mengsel.
Voeg meer sout by indien nodig of meer chilli by vir ekstra hitte.
As jy tamatie gebruik, roer dit by net voor opdiening.

↑ Terug bo

Gepekelde Jalapeños:

Gepekelde Jalapeños:


5–6 jalapeño-pepers, in ringe gesny (stamme verwyder)
1 koppie wit asyn
1 koppie water
1 knoffelhuisie, gekneus
1 eetlepel heuning of suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel oregano
1 teelepel swartpeperkorrels

In 'n pot voeg die asyn, water, heuning, knoffel, sout,oregano en swartpeperkorrels by bring tot kookpunt voeg die jalapeños by.
Verlaag die hitte laat prut vir 10 minute roer en verwyder die pot van die hitte.
Skep die jalapeños in gesteriliseerde flesse en gooi die asyn mengsel oor, draai die deksels styf toe en laat dit heeltemal afkoel.
Sit dit in die yskas, laat vir 24 uur staan, voor jy dit gebruik.

↑ Terug bo

Bloukaas Doopsous:

Bloukaas Doopsous:


¾ koppie bloukaas, gekrummel
½ koppie volroom Griekse jogurt
1 klein knoffelhuisie, baie fyn gerasper
1–2 teelepels Worcestersous
2 teelepels vars suurlemoensap
½ teelepel vars gemaalde swartpeper
gekapte chives
1–2 eetlepels melk

Druk ongeveer helfte van die bloukaas fyn met ’n vurk.
Meng die Griekse jogurt, knoffel, Worcestersous en suurlemoensap by.
Roer die oorblywende bloukaas krummels in.
Voeg swartpeper by en pas suurlemoensap aan indien jy dit nóg skerper wil hê.
Versier met chives.
Verdun met melk indien nodig.
Sit in die yskas vir 'n 1 uur voor jy dit gebruik.

↑ Terug bo

Uie Konfyt:

Uie Konfyt:


6 medium uie, in dun skywe gesny
60 ml olyfolie
2 eetlepels botter
2 eetlepels bruinsuiker
180 ml balsamiese asyn
1 eetlepel Worcestersous
Sout en peper na smaak

Verhit die olie en botter oor medium hitte. Voeg die uie by met ’n knippie sout en kook stadig vir 30–40 minute oor lae hitte, roer gereeld tot sag.
Sprinkel die bruinsuiker oor en kook vir 2–3 minute.
Voeg die asyn en Worcestersous by,skraap die bodem van die pan en laat prut oor lae hitte vir 10–15 minute totdat dit dik en konfytagtig is.
Proe en pas sout en peper aan. Laat afkoel en skep in ’n gesteriliseerde bottels.
Hierdie is heerlik vir burgers, steak of saam met ’n kaasbord 🧀

↑ Terug bo

Vinnige Chakalaka:

Vinnige Chakalaka:


2 eetlepels olie
1 groot ui, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
2 wortels, fyn gerasper
2–3 brandrissies, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 eetlepels kerriepoeier
½ teelepel chilipoeier
1 teelepel paprika
1 blik (410 g) gebakte bone in tamatiesous
1 blik (400 g) gekapte tamaties
1 blik (300 g) mielies, gedreineer
2 eetlepels tamatiepaste
½ teelepel suiker (opsioneel)
Sout en swartpeper na smaak

Verhit olie in ’n groot pan oor medium-hoë hitte.
Voeg ui, soetrissies, wortels en brandrissies by kook 7 minute, roer gereeld.
Voeg knoffel en al die speserye by braai vir 1 minuut.
Voeg die gekapte tamaties, tamatiepaste, gebakte bone en mielies by prut sonder 'n deksel vir 10–15 minute.
Geur met sout, swartpeper en suiker indien nodig.
Geniet die brand.

↑ Terug bo

Pynappel Pons:

Pynappel Pons:


4 koppies pynappelsap
2 koppies lemoensap
1 koppie soda water
1 koppie ligte rum
1/2 koppie Triple sec
1 koppie vars vrugte (aarbeie, pynappel blokkies en lemoen skywe)
suurlemoensap
Ys blokkies

Meng alles saam en voeg ysblokkies by. Bedien onmiddelik in ‘n groot beker.
As dit te soet is voeg bietjie suurlemoensap by.

↑ Terug bo

Sjokolade Brownies:

Sjokolade Brownies:


1 koppie ongesoute botter
2 koppies wit suiker
¾ koppie onversoete kakaopoeier
3 groot eiers
1 eetlepel vanielje ekstrak
1 teelepel sout
1 koppie koekmeel
1½ koppies sjokoladeskyfies

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n 20 × 20 cm bakpan met spray en cook en voer uit met bakpapier.
Smelt die botter in ’n groot mikrogolfvaste bak in 20-sekonde intervalle, roer tussen in totdat dit heeltemal gesmelt is (ongeveer 2 minute).
Voeg die suiker en kakaopoeier by en klits vir ±30 sekondes.
Klits die eiers, vanielje en sout by.
Voeg die meel en sjokoladeskyfies by en meng deur.
Skep die beslag in die voorbereide pan en smeer gelyk.
Sprinkel ekstra sjokoladeskyfies oor indien verkies.
Bak vir 35–40 minute.
Laat heeltemal in die pan afkoel voordat jy dit in skywe sny. Moenie oorbak nie — brownies stol verder soos dit afkoel.

↑ Terug bo

Gevulde Ciabatta:

Gevulde Ciabatta:


1 ciabatta-brood
4 eetlepels olyfolie
3 eetlepels pesto of roomkaas
± 75 g jong spinasieblare
400 g mozzarella, in skywe gesny
300 g peppadews, gedreineer en gehalveer
140 g Italiaanse salami, in skywe

Olyfslaai:
100 g groen olywe, ontpit en fyngekap
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels fyngekap chives
1–2 teelepels vars basil, fyngekap
1 eetlepel rooiwynasyn
Sout en swartpeper na smaak

Sny die ciabatta in die lengte oop soos ’n boek nie heeltemal deur nie.
Smeer die pesto of roomkaas dik oor albei binnekante en bedrup met die olyfolie moenie skaam wees nie.

Maak die olyfslaai:
Meng al die bestanddele vir die olyfslaai.
Dit moenie droog wees nie as dit is, voeg nog olyfolie of asyn by en pas die sout en peper aan.

Pak in lae:
Spinasie
Mozzarella
Peppadews
Salami

Skep lepelsvol van die slaai oor die vulsel.
Maak die brood toe en druk vas.
Laat dit 10–15 minute rus.
Sny in dik skywe en bedien.

↑ Terug bo

Moussaka:

Moussaka:


2 groot of 3 kleiner eiervrugte, in skywe gesny
Olyfolie
4 aartappels, geskil en in skywe gesny
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
750 g gemaalde lamsvleis
2 teelepels kaneel
1 glas rooiwyn
600 ml tamatiepasta
75 g botter
75 g meel
600 ml melk
2 eiers

Verhit die oond tot 190°C.
Smeer die eiervrugskywe met olyfolie en geur.
Plaas dit op kleefvrye bakplate en bak vir 30–40 minute, draai een keer om, totdat die eiervrug sag is.
Kook die aartappels in kokende gesoute water tot net sag, en dreineer.
Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag, voeg die knoffel by en braai vir een minuut, voeg die maalvleis by en braai dit bruin terwyl jy enige klonte opbreek.
Voeg die kaneel, wyn en tamatiepasta by, geur en laat prut vir sowat 30 minute totdat die meeste vloeistowe verdamp het.
Smelt die botter in ’n pan, roer die meel by en kook vir ’n paar minute. Voeg die melk geleidelik by terwyl jy roer totdat jy ’n gladde sous het.
Verlaag die oondtemperatuur tot 180°C. Pak lae van lamsvleis, eiervrug en aartappel in ’n oondvaste bak. Klits die eiers by die witsous en skep dit oor die gereg en bak vir 30–40 minute.
Laat dit vir 10–15 minute staan voordat jy dit in groot blokkies sny en bedien met Griekse slaai.

↑ Terug bo

Griekse Slaai:

Griekse Slaai:


8 tamaties, hoe rooier en sappiger hoe beter, in stukkies gesny
1 komkommer, dik gesny
2 groen soetrissies, in enige vorm gesny
½ rooi ui, dun gesny
360 g Kalamata-olywe, ontpit
4 teelepels gedroogde oregano
120 ml olyfolie
400 g fetakaas

Plaas die tamatie-, komkommer-, soetrissie- en rooi ui-stukke in ’n groot slaaibak.
Voeg die olywe en oregano by.
Sprinkel die olyfolie oor die mengsel en meng liggies sodat alles bedek word.
Plaas die fetakaas bo-op die slaai.

↑ Terug bo

Lam of Hoendersosaties:

Lam of Hoendersosaties:


500–700 g lamsvleis (in blokkies) of hoenderfilet (in blokkies)
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 teelepel gedroogde oregano
1 teelepel paprika
Sout en swartpeper na smaak
1 ui en soetrissie, in blokkies gesny

Meng die olyfolie, suurlemoensap, knoffel, oregano, paprika, sout en peper in ’n bak.
Voeg die vleis by en meng goed sodat alles bedek is, laat staan vir minstens 30 minute.
Week sosatiestokkies in water ryg die vleis op wissel af met ui en soetrissie.
Braai vir 10–15 minute op medium hoë hitte, nie vlamme wat hoog brand nie, draai gereeld om.
Bedien warm saam met Avo Tzatziki en pitabrood.

↑ Terug bo

Avo Tzatziki:

Avo Tzatziki:


½ komkommer, gerasper
350 g + 150 g (500 g totaal) volroom Griekse jogurt
2–3 knoffelhuisies, fyngedruk
20 ml olyfolie
2 eetlepels + 1 eetlepel (3 eetlepels totaal) suurlemoensap
2 eetlepels fyngekapte dill
2 eetlepels fyngekapte mint
3 ekstra takkies mint, gekap
⅓ teelepel brandrissiepoeier
’n knippie swartpeper
1 avokado, in blokkies gesny
½ teelepel sout (of na smaak)

Plaas die komkommer in ’n sif, sprinkel sout oor en laat dit vir 15–20 minute dreineer. Druk oortollige vloeistof uit.
Meng die jogurt, knoffel, olyfolie, suurlemoensap, dill, mint, brandrissiepoeier en swartpeper in ’n groot bak.
Voeg die komkommer en avokado by en meng versigtig, druk die avokado effens fyn.
Proe en pas geurmiddels aan soos nodig.
Verkoel vir minstens 30 minute. Bedien met Appelkoos sunrise.

↑ Terug bo

Appelkoos Sunrise:

Appelkoos Sunrise:


50 ml brandewyn
100 ml appelkoos sap
10 ml grenadine stroop
Ysblokkies

Vul ’n glas met ys.
Giet die alkohol, appelkoos sap en grenadine by in daai volgorde.
Garneer met ’n skyfie appelkoos,'n sambreeltjie en 'n strooitjie. Geniet!

↑ Terug bo

Balsamiese Hoender:

Balsamiese Hoender:


6–8 hoenderdye of boudjies (of albei)
3 eetlepels balsamiese asyn
2 eetlepels olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 eetlepel heuning of bruinsuiker
1 teelepel gedroogde origanum of tiemie
Sout en peper, na smaak

Voorverhit die oond tot 200°C.
Meng die balsamiese asyn, olyfolie, knoffel, heuning en kruie in ’n bak.
Plaas die hoender in ’n oondbak en voeg die helfde van die sous by.
Geur met sout en swartpeper.
Rooster vir 40–50 minute, of tot bruin en gaar.
Gooi die res van die sous oor die hoender halfpad deur die kook tyd vir ekstra geur.

↑ Terug bo

Zucchini Mielie Koekies:

Zucchini Mielie Koekies:


2 koppies koekmeelblom
1 eetlepel bakpoeier
½ teelepel cumin
½ teelepel sout
Vars gemaalde swartpeper, na smaak
1 koppie melk
2 eetlepels botter gesmelt
2 groot eiers, geklits
2 koppies gerasperde zucchini (Druk oortollige water uit)
1 blik pitmielies, gedreineer
½ ui, gerasper
1 koppie fyn gerasperde Cheddarkaas
Olie vir vlak braai

Meng die meel,bakpoeier, cumin,sout en peper saam in ’n groot bak.
Klits die melk, gesmelte botter en eiers saam in ’n kleiner bak. Voeg dit by die meelmengsel en meng deur.
Meng die zucchini, mielies, ui en kaas by.
Verhit olie in ’n groot pan.
Werk in sarsies en skep eetlepels vol beslag in die pan.
Braai tot bros ongeveer 3 minute per kant.
Dreineer op ’n bord met papierhanddoek.

↑ Terug bo

Kerrie Shrimp Noedels:

Kerrie Shrimp Noedels:


1 eetlepel olie
1/2 koppie rooi ui, in blokkies gesny
1/2 koppie rooi Soetrissie in blokkies gesny
1/2 teelepel sout
1/4 teelepel swartpeper
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel fyngekapte knoffel
1 teelepel fyngekapte gemmer
1 blikkie klappermelk
1 pakkie hoender kits noedels
100 ml water
125 ml groenteaftreksel
500 g rou shrimp, skoon gemaak
1/2 koppie ertjies

Verhit die olie oor medium hitte, soteer die ui en soetrissie en geur met sout en peper. Kook vir 6 minute roer af en toe.
Voeg die kerriepoeier, knoffel en gemmer by en kook vir 1 minuut.
Voeg die klappermelk en groenteaftreksel by verhoog die hitte en laat prut. Voeg die noedels,spice pakkie en water by kook vir 5 minute.
Voeg die shrimp en ertjies by. Prut vir nog 5 minute, roer af en toe, totdat die shrimp pienk en gaar is.

↑ Terug bo

Tamatie en Eier Noedels:

Tamatie en Eier Noedels:


1 medium tamatie
2 teelepels olie
1 pakkie hoender kits noedels
Water die hoeveelheid sal op die verpakking wees
1 eier, geklits
2 eetlepels chives, opgekap

Sny die tamatie in skyfies. Verhit ’n pot oor medium-hoë hitte.
Voeg die olie by en braai die tamatie tot sag.
Voeg die water, geurmiddel pakkie en noedels by.
Kook 'n roer eier in 'n ander pan tot amper gaar voeg dit by die noodels roer liggies deur.
Voeg die chives by en sit voor.

↑ Terug bo

Hoender Pho Noedels:

Hoender Pho Noedels:


1 pakkie hoender kits noedels
Water die hoeveelheid sal op die verpakking wees
1/2 teelepel vissous
1/4 teelepel suiker
1/2 koppie gaar hoender, gesny in repies
1/4 koppie rooi ui, dun gesny
1/4 koppie bean sprouts
2 eetlepels koljander, grof gekap
1 takkie basil
1 skyfie lemmetjie

Voeg die water, geurmiddel pakkie, vissous en suiker in ’n klein pot en verhit oor hoë hitte en voeg die noedels by.
Net voor die noedels gaar is, voeg die ui, bean sprouts en hoender by.
Skep in bakkies en rond af met die koljander, basil en vars lemmetjiesap.

↑ Terug bo

Noedelsop met Sampioene:

Noedelsop met Sampioene:


3½ koppies groenteaftreksel
2 pakkies groente kits noedels
2 teelepels sojasous
½ teelepel chili gekap
½ teelepel vars gemmer, fyngekap
1 teelepel sesame olie
½ koppie klappermelk
1 koppie sampioene, in skywe gesny

Verhit ’n klein bietjie olie in ’n pot en braai die sampioene oor medium hitte tot sag. Voeg die chili en gemmer by kook vir 'n minuut.
Voeg die groenteaftreksel en sojasous by roer deur.
Voeg die noedels en die spice pakkies by en kook vir 4 minute tot gaar.
Verlaag die hitte en roer die klappermelk by.
Roer die sesame olie by en proe vir geur.
Skep in bakkies en geniet.

↑ Terug bo

Kits Noedel Mieliesop:

Kits Noedel Mieliesop:


500 ml water
1 pakkie hoender kits noedels
1 blikkie heelpitmielies, gedreineer
1 blikkie romerige mielies (cream-style corn)
250 ml melk
1 gaar fyngekapte ui
¼ teelepel kerriepoeier
¾ koppie gerasperde cheddarkaas
⅓ koppie gaar spek, in blokkies
1 eetlepel vars pietersielie, fyngekap
1 eetlepel chives, fyngekap

Bring die water tot kookpunt.
Breek die noedels in groter stukke en voeg saam met die geurpakkie by die water.
Verlaag die hitte na medium en kook, sonder deksel, vir 2–3 minute tot die noedels sag is.
Roer die mielies, romerige mielies, melk en kerriepoeier by en verhit deur.
Roer die kaas,spek,ui,pietersielie en chives by.
Bedien met ekstra spek, chives of kaas.

↑ Terug bo

Umami Gemmersous:

Umami Gemmersous:


2 eetlepels vars gemmer, gerasper
6 knoffelhuisies, fyngekap
6 eetlepels sojasous
4 eetlepels bruinsuiker
4 eetlepels rysasyn
2 eetlepels sesame olie
2 pakkies kits noedels, enige geur
Water die hoeveelheid sal op die verpakking wees

Plaas al die bestanddele, behalwe die noedels, in ’n klein kastrol en verhit, roer af en toe.
Berei intussen die noedels volgens die aanwysings op die verpakking.
Skep die verlangde hoeveelheid sous oor die gaar noedels.

↑ Terug bo